Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


As „'n Western-Heimatfilm” is die aand se vermaaklikheid aangekondig en ontvang. Nouja, so kan mens dit seker ook sien: Pleks dat 'n arm seun sy geboortsplek hoog in die oosterrykse Alpe moet verlaat (om dan later vol heimwee terug te keer), kom 'n vreemde mens in die verafgeleë vallei, en die mense vra, wat soek hy hier? Die toeskouer vermoed al by die huis dat  dit waarskynlik die donker of duister dal van die 23e. Psalm is. 'n Vrouestem sê heel aan die begin, daar's dinge waaroor mens nie mag praat nie, maar daar's dinge wat jy nooit kan vergeet nie. Onheilspellend.

°

    [ DAS FINSTERE TAL; r. Andreas Prochaska; met Sam Riley, Paula Beer, Thomas
    Schubert, Hans-Michael Rehberg e.a.; 2014; Deutschland / Oosterryk;  115 minute;
    12 jare. ]

°

Deur die beeldskone alplandskap trek 'n man op sy ryperd met pakperd agterna al hoër en hoër totdat hy in die hoogste, verste vallei bo uitkom. Hy sê hy wil oor die winter daar bly. Hy het geld, en die grootste boer laat hom inkwarteer by 'n weduwee en haar dogter wat voorbereidings maak om te trou. Hy het 'n nuwewetse foto-apparaat en maak „afbeeldinge” van die omgewing. Ja, hy kan ook portrette maak, as dit gevra word. Met 'n metronoom wat die sekonde aftik solank as die mense bewegingloos daar moet sit. Bedags is hy meestal daarbuite en „beeld af”. As hy uit Amerika kom, hoeso kan hy Duits, word hy gevra. Kort: Sy ma het hom geleer.

    Die Grootboer, der Brenner-Bauer, dwing die pasgetroude bruide om die eerste nag by hom te slaap, en dit al sedert weet-nie-hoe-lank nie. Natuurlik wil die aanstaande bruidspaar dit vermy. Maar hoe? Stadigaan word dit duidelik dat die Amerikaner se ma ook so 'n bruid was wat kon ontsnap en wat na Amerika geëmigreer het. En hy is hier om haar te wreek.

    En so word dit 'n Italo-Western wat afspeel tussen die sneeubedekte berge en nie in die Sierra Nevada nie, maar mét donderende Indianer-oorlogstrommels en as musiek daai diepste noot op 'n blikblaasinstrument wat soos poep in 'n petroldrom klink. En 'n Hillbilly-neulstem wat iets „engels” sing: „Vir die amerikaanse mark” gedraai. Met bloed wat uit die anderkant van die lyf of kop waar die koeël uitkom, spat (byna so mooi soos die „See the difference”-reklame, maar donkerrooi). Met woestaards wat sonder waarskuwing aan die kroeg iemand met die vuis slaan dat hy so tuimel, en hom dan dwing om die bottel snaps uit te drink, omdat hy geweier het om „broederskap” te drink. Met showdown-at-sundown-on-the-ranch voor 'n alpynse berghut. Met wraak op allerhand newedaarstellers. En dan eindelik met die Brenner-Bauer, teen die tyd al 'n sieklike ou man.

°

Ek sou meen, verdag op 'n Oscar: Daar is weer alles daarin wat 'n Amerikaner se hart laat galop. Bose, bose mense uit die „Ou Wêreld”; vooruitstrewende, jong, gladgeskeerde Amerikaner teenoor tradisiegebonde, onverbeterlike bergjapies... En die brutaliteit van die Oosterrykers nie vergeet nie  hulle is minstens so sleg soos die Duitsers. En ons gladgeskeerde Amerikaner, ons „wraakengel” wat ons hoë sedelike waardes ten toon stel. Vergelykbaar met Brad en Arnie (en Tom Mix en Gene Autrey uit 'n vorige eeu) en Lucky Luke, en hy ry weg in die sonondergang in. Alweer het ons waardes hulle deurgeset, veral ons gebruik van nuwe wapens, naamlik die nuwe Winchester Repeater Rifle wat vinniger kan skiet as 'n tweeloophaelgeweer. So ís die geregtigheid, mos.

    Baie mense swerm vir die fliek. Ook my vrou het gemeen dis goed. Die storie is, die spel is, fotografie, alles. Jammer dat die belofte van 'n redding uit of 'n begeleiding deur die donkerte nie gehou is nie. Maar dit is en bly 'n Italo-Western wat hom in die Alpe verdwaal het. En dit verdien graag 'n Italo-Western se drie sterre.


©.2014.....................................................◄]:o(...||...(o;Þ...............................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar