In 1986 het Noah Gordon 'n boek geskryf: Der Medikus (The Physician). Dis 'n vollengte roman met 637 bladsye, insluitend woordverklarings en inhoud, en afhanklik van hoe goed jou Engels is en hoeveel tyd jy het, kan dit tussen 'n week en meer as 'n maand duur voordat jy dit deur het. Dis 'n verhaal wat dwars oor Europa na Persië trek, 'n paar jaartjies daar bly en na Skotland terugloop. Dit begin met 'n arm kind in Londen in die middeleeue wat die geleentheid kry om iets beters te word, 'n mediese dokter. Die film speel in 90 tot honderd of so minute af, en heelwat heelwat! word weggelaat.
Dit maak dat die tempo van die fliek 'n andere is, ons vlieg so te sê van die een awontuur na die ander. Daarby het die boek die moontlikheid om langsaam en deeglik prente te skilder, hoe die lewe destyds moes gewees het, die lewe in die krotbuurt, die maandelange gang oor die paaie wat die kruisridders later gaan bevolg, interessanthede oor die verskeie volke, stamme en enkelinge wat hy tref. Sy aankoms, sy opname in die vreemde taal in die vreemde universiteit in die vreemde (moslem-)kultuur, hoe hulle met die pes in 'n stad omgaan, hoe die nuwe denke nuwe moontlikhede vir die genesing van pasiënte bring. Die gedagtes kan loop dwaal in 'n onbekende wêreld, maar met ons moderne kennis: Wat sou ek gemaak het? Wat sou ek kón teweeggebring het?
Maar nou kom dit alweer: Daai MAAR! Die filmmakers het waarlik 'n ander verhaal opgebou, met ander betoning, ander gegewens, selfs ander persone, sodat die leser/toeskouer op die ou ent moes onderskei en kies tussen twee verskillende dinge, nie tussen twee weergawes van die een ding nie.
Hoe nou gemaak? Hoe nou besluit? Ek het baie gehou van die nadenklike slendergang van die roman, het die atmosferiese dinge ingesnuif, die interessante inligtinkies opgeslurf. Dit is, vir my, 'n uitgewoë reis deur die awendland tot in die morgenland wat ook my „dors na 'n storie” bevredigend geles het. 'n Goeie storie was dit ook, met romanse, awontuur, adrenalien,... Als. Die fliek was nie James-Bond-in-sandale-en-turban nie, dog was dit presies so 'n bevredigende beleefnis.
Die filmmakers het die dinge so gedraai dat die einde van die storie meer bevredig het as die van die boek. As ek nie die film gesien het nie, sou ek dit nie vermis het nie. En so ook met die boek. Nou het ek tog altwee gehad, altwee is op 'n hoë vlak. Dis net dat die film se einde my meer bevredig as die van die boek. Beteken dit dat ek afvlak, dat my waardes afsak? Dat ek veramerikaniseer?
Nee, ek glo nie: Smaak my, die filmmakers het beter verstaan wat 'n goeie storie uitmaak. Dis sekerlik nie by alle filmweergawes van alle geskrewe romane nie.
©.2016.................................................... c]:o(٤...|...(o;[>.............................................................tje
uit wat skyn soos oneindelike ruimlike afstand,
oor ongelooflike virtuele nabyheid,
vir jou 'n virtuele soen
-- op jou virtuele linkerwang --
as dank vir jou daadsaaklike en morele
hulp plus bystand.
Ek wil nie jammer nie, maar ek dink
VAAR jy (vaar ons almal) WEL
TOT ons mekaar wederSIEN.
Virtueel of reel.
Jý sal verstaan wat ék meen.
Mos.
Nè?
Groetnis fanToom