Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die neëntien-sestigs en -sewentigs was die wêreld in oproer. Veral in (Wes-)Europa het die jeug swaar verwyte teenoor hul ouers se geslag gehef. Die jaar 1968 staan uit as die jaar van omwenteling / hernuwing. Daarvan het 'n bietjie na ons oorgewaai, maar nie veel nie. In Wes-Europa en Noord-Amerika was daar ook nog paramilitêre organisasies wat die wapens teen die staatsgesag opgeneem het. In die Verenigde State ondermeer die „Simbiotiese” beweging (onthou iemand nog die skandaal om Pattie Hearst, die dogter van Randolph Hearst, koerantuitgewer en een van die rykste = invloedrykste mense op die halfkontinent?), en in die Bondsrepubliek Duitsland die „Rote Armee Fraktion” (RAF). Die bewegings het ontstaan uit wettige organisasies wat hulle sterk gemaak het vir onderdruktes, teen die uitbuiting van die geselskap, veral die armes. (Kyk by voorbeeld na my resensie van „Carlos die Jakkals” uit Suid-Amerika.)

       In Duitsland is die RAF gebreek en die meeste lede tot lewenslange tronkstraf veroordeel; meestendeels beteken dit dertig jare, maar gevangenes mag vroegtydig ontslaan word na, sê maar, agtien jare. En so word Jens Kessler ook vrygelaat.

.

Das Wochenende ; Regie en boek, Nina Grosse; met Katja Riemann, Sebastian Koch, Barbara Auer, Tobias Moretti, Sylvester Groth, ea.; kamera, Benedict Neuenfels, vanaf 12 jare, (2012) Duitsland. Aangeleen aan die gelyknamige roman van Bernhard Schlink, maar met duidelike veranderings.  ]

.

Jens se suster Tine nooi 'n paar ou weggenote uit om sy vrylating te vier.  Tine en Jens se ouers is dood, en met die erfgeld het sy 'n ou alleenstaande huis in die voormalige DDR gekoop, en daar kom almal saam. Daar is Henner, Jens se beste vriend uit die ou dae en Inge, sy vriendin van vroeër met haar man Ulrich en hulle dogter Doro. Inge het versuim om Gregor, haar en Jens se seun, daarvan te sê, maar hy daag later in die storie op. Tine en alle gaste het hulle destydse houding of politiese instelling lankal laat val. En wat Jens die meeste omkrap, is die vraag, wie sy skuiladres by die polisie verklik het. Dit moet een van die aanwesiges wees, net hulle het dit geweet.

       Toe sy die uitnodiging ontvang, wou Inge dit glad nie aanneem nie, en Ulrich moes haar ompraat. Hy het geen „verlede” en aanskynend ook geen fyngevoel nie: Hy trap as eerste in die strontbolletjies wat oralom lê deur afvallige opmerkings oor die terroriste se dom pogings om die mensheid te red deur mense dood te skiet. In die moderne geselskap is daar niemand wat dit kan verstaan hoe iemand mense kan dood om 'n staat aan te kla. Nie te lank nie en die beskuldigings en verwyte vlieg so kruis en dwars...

.

Eerlik gesê, dit het ek in die film vermis: Niemand het teerheid of meegevoel of niks aan die dag gelê nie. Niemand het daaraan gedink dat hy vier-en-twintig ure gelede nog in strepiespijammas in sy halfdonker sel sit en duimpiesdraai het nie. By niemand is die gedagte opgekom dat hy na agtien jare in 'n geheel-en-al andere wêreld aangekom het nie. En daar hang die arme man aan sy skouers soos 'n sandsak en ontvang die stampe en stote en slae en skoppe. En weet nie so reg wat met hom gebeur nie. Elkeen het sy eie dolk wat hy moet insteek en heftig draai. Goed dan, daar is 'n bietjie  bearbeiding van die verlede deur almal op die een of ander manier. Maar dis nie die aangekondigde film wat ons sou opklaar oor die bedrywighede van die RAF en die politiese en sosiale toestande van daardie tyd nie.

       En dan word dit duidelik, dis nie die verhaal van Jens die terroris nie, maar van Inge wie se gevoelens heen en weer gesleur word, en wat meer slae op die siels- of hartsvlak moet verdra as alle andere saam. As jy dit merk, sien jy die film met ander oë.

   Katja Riemann is een van die vooraanstaande toneelspeelsters in Duitsland, in stande om enige rol te speel – en dit goed. Het sy ook: Die onsekerheid, die verlange na die ou dae, die walging daarvoor. Die twyfel oor hoe haar man (uit die DDR) dit alles gaan verstaan, of nie verstaan nie, oor haar seun se reaksie, haar flerrie van 'n dogter. Die vreugde wanneer iets dog goed verloop. Sy is 'n vrou, soos baie uit daardie tyd, en andere tye ook, wat self niks besluit het nie, wat op een of ander manier saamgesleep is in al die troebel. Of sy ooit uit die moeras kan uitklim? Sy het gemeen sy’s gelukkig met Ulrich. Maar nou?

   So word dit 'n psigogram, nie van Jens die oud-terroris nie (Hy glo nog altyd aan die ou beginsels), maar van Inge die vrou tussen alle fronte. Dis op die ou ent sy wat van alle kante slae ontvang en probeer om iets daaruit te leer. So gesien, vier sterre.

   Maar as gesamentlike werk op die vlak van 'n sitkamer-drama van Agatha Christie, nie eers drie nie – twee-en-’n-half.

©.2013.______________________.c(:o(.....|****|.....(o;[> _________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar