Resensies

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Nordsee von oben

Op die kaart van Europa rank die Noordsee aan die Weskus noordwaarts van Hoek van Holland tot aan Denemark en Noorweë; van Dover aan omspoel dit die ooskus van Engeland en Skotland. Aan die anderkant van die deense „nek” lê die Oossee. ‘n Duitse Filmgeselskap het onderneem om ‘n prent van die duitse, oosfriesiese, deel van hierdie beskoulike landskap met die modernste kamera in die wêreld uit ‘n helikopter te skilder. En ‘n skildery het tot stand gekom: ‘n Wonderlike, beweegde, bewegende skildery.

      Daar is min of glad geen verhaal nie. In die agtergrond vertel ‘n stem met nederduitse tongslag, ditjies en datjies oor die gebiede waaroor ons vlieg. Dis ‘n streek met duisende onderskeidings en afwykings wat mens nooit sou gedink het nie: Water in alle kleure en vorme, wolke dieselfde. Het ek verwag. Maar dan, die eintlike kuslandskap: So vlak en oninteressant sou mens dink. Nee wat,  prieëls wat die vorm van slange en akkedisse aanneem, duine wat deur die natuur kunsvol gekerf en modelleer is, eilandjies uit sand en gras en tang en verskeie blou skatteringe. Ongelooflik! ‘n Wyveld vir die oë, sê die Duitsers.

      Maar daar’s ‘n bewegende, lewende woon- en arbeidswêreld hier, stede
met hawes en industrie, met dorpies uit die middeleeue, met eilande waar motors nie toegelaat word nie en andere waar twaalf – of was dit twintig – miljoen trekvoëls oornag voor hulle verder vlieg,  booreilande wat met potensiële lewensgevaar in natuurskutgebiede staan en dreig, geskiedenis in vorm van verhaaltjies en monumente, ...

      „Dat daar soveel veelvoud in so ‘n vlak „oninteresante” landskap kan steek, ...“ het iemand na die opvoering opgewonde bemerk.

      As daar iemand is wat die regte oor hierdie juweel kan kry en ‘n Afrikaanse klankbaan daarvoor kan aanbring, sou dit ‘n ware gewin wees. Ek het nie die vaardigheid nie, maar sal graag behulpsaam wees; ek sit ja aan die kospotte, so te sê.

      Ek meen die adres was www:die-nordsee-von-oben.de

2011_________________________________________________________________________tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Interresant
Ek het die voorskou gekyk en dit lyk belowend. Ek skat mens sal dit op 'n wye skerm moet sien om dit ten volle te waardeer.
8 jaar 2 maande 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

    deur Christo Nel

    Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar