Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die heel hoogste gebou in die wêreld? Die Sankt Marien-Dom (katedrale) in Stralsund, weggesteek in 'n hoekie aan die kus van die Oossee! Jawel! Wanneer? Van 1549 tot 1647 met 151 meter tot op die toppunt van die toring, ná die toring herstel is nadat dit inmekaargestort het.
    Die tyd het verander, die Oossee ook. Dit wil sê, die kus, die mensgemaakte dinge aan die kus. Maar die see self? Nouja, dis die ewigveranderende beeld van die wandelnde kuslyn met die wegbrokkelende steilklip uit kalk en die duine, ook die „onderwaterduine”, die skuiwende sandbanke. Maar binne hierdie raamwerk het die see as sulks waarskynlik nie wesenlik verander nie. Alhoewel die gevaar bestaan dat nywerheids- en riool-afvalle die kwaliteit van die water kan verander: Uitruil van suiwer seewater deur die smal nek van die Skaggerak in die noorde kan die see slegs in meer as dertig jare hernu. By die Noordsee vind die uitruil in ongeveer drie-en-'n-half jare plaas.

.

Die Ostsee von Oben; Duitsland 2013; natuurdokumentasie; 85 Min.; digitaal - Full HD film deur Silke Schranz en Christian Wüstenberg; lugopnames deur Peter Bardehle und Klaus Stuh; produksie VIDICOM en COMFILM.de; vrygestel vanaf 0 jare.

.

hul sukses met die „Noordsee van bo” het Schranz en Wüstenberg weereens 'n helikopter met die „beste kamera in die wêreld” losgestuur van die deense grens, hierdie keer van Flensburg aan die Ooskus na Usedom, die skiereiland aan die poolse grens. En dit wat tot stand gekom het, is glad nie minder fassinerend as in die vorige film nie. Met die blikwinkel word alles anders. „Ons vaderland, wat ons glo dat ons ken, is uit die lug nie meer dieselfde nie. Die kleure herinner aan die Karibiek, elke prent is 'n skildery,” sê 'n bioskoopbesoeker. Die Noord-Duitse radio praat glad van 'n „eksotiese heimatfilm”: Met blou seewater, strande wat jou aan ver, verre tropiese eilande laat dink, spektakulêre rotskus. „Nee, dis nie die Karibiek nie, dis die Oossee.”

    En dan die klein dingetjies wat die lewe uitmaak. Met hul kamera, wat vir die CIA se spionasie ontwikkel is, kan die kameramense uit die hoogte in-zoom op die vlieë om die snoet van 'n prysgekroonde vark daaronder in sy hok. En soos by die Noordsee bevat die film 'n interessante kommentaar oor geskiedkundiges, kunstlers, tegnies en polities oor die dinge waaroor ons heensweef. Soos byvoorbeeld 'n vier-en-'n-half-kilometerlange gebou met ses verdiepings wat tien-duisend woonstelle, elk met 'n onbelemmerde uitsig oor die see, vir twintig-duisend vakansiegangers het. In die Derde Ryk is dit as deel van die „Krag deur Vreugde”-beweging opgerig en nie in gebruik geneem nie. En 'n eiland waar rooi verskalwers, van die ras Holstein, vakansie hou -- wat volgende jaar as volwasse diere in die melk- en vleis-landbou ingeset gaan word. Snaakses, interessantes. Die oos-wes kanaal wat die vaartyd, brandstofkoste en CO2-gebruik om die deense kus vir diepsee skepe op 'n tiende verminder. (Ek meen dit was 'n tiende, ja.) Die hoogste gebou van die wêreld.

    En die kleure in lug en water, op land: Die natuur as skilderkunstler. En die vorms: Die natuur as beeldhouer! 'n Natuurlike „Gesamtkunstwerk”.

    Die DVD het aanskynend gelyktydig met die film verskyn.

     Sienswaardig.

©.2014.....................................................◄]:o(...||...(o;Þ...............................................................tje

[ Lees ook my resensie oor die Noordsee van bo.
'n Film, Duitsland van Bo, het ook verskyn, maar ek het dit nie gesien nie
. ]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar