Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek is 67 jaar oud,het my liksens gekry op Orkney se besige strate in 1965 en bestuur ongeluksvry(behalwe een of twee glipse) vir seker ‘n miljoen myle(twaalf voertuie-‘give or take’).
In die tyd ’n motorfiets bestuur (vir so ’n rukkie),maar vêrder van VW tot Mercedes,bakkies,olraait ek weet ek ‘brag’ nou,maar ek probeer agtergrond gee vir my storie.Ek kom al ’n entjie,het darem al bietjie ondervinding,behoort ooreenkomstig gerespekteer te word.Als sou olraait gewees het as my vrou nie ’n ewige vrees het vir die gereg het nie.Sy sien ’n bloulig doer vêr dan ‘panic’ sy al.”Daar’s ’n ongeluk,dis ’n padblokkade,waar’s jou lisensie?Teen die tyd dat ons naby ’n heel onskuldige geregsdienaar kom,het my wrok al jeens die mense geweldig gegroei.Soveelso, dat ek my moet beteuel om vriendelik te wees.
Maar,dis ’n storie vir annerdag,vir nou terug na die verkeersmense of -departement. Ek neem die verantwoordelikheid op my om ’n vriend(bietjie ouer as ek) te help om op sy rype ouderdom vir ’n leerlinglisensie te gaan.Vir agtergrond,hy was ’n bankbestuurder,het donkiejare ’n bromponie gery,luuksemotors.Maar weens ekonomiese redes het hy sy motor verloor,toe sy lisensie vernuwe moet word,vra hulle of hy sy motorfietslisensies wil behou.Hy sê toe nee,en daar begin die moeilikheid.n Vriend gee hom ’n ‘scooter’,vir noodsaaklikhede,en ek help hom beplan vir ’n liksens.Kry by biblioteek K26 boekie en eintlik daar begin die moeilikheid.Want sien,dis wel in Afrikaans,maar ’n Griekse soort Afrikaans.Dis so duidelik soos ’n vroeë môre hier by die kus.Moenie lag nie,ek daag enige ou ouer as sestig om Grieks te leer in ‘three easy steps’Niks is meer dieselfde nie,die tekens is driekeer meer,vir elke voertuig is daar verskillende aanwysings.Om nie eens te praat van die motorfietse nie.
Toe die ergste van die leer verby is,moet daar nou geleentheid gebedel word om 30km te ry om ’n afspraak te gaan maak,jou oë te laat toets,R67 te betaal en dan oor 3 weke terug te kom vir die eksamen.
Die dag van die eksamen-‘’n geleentheid bedel om daar te kom,’n beampte van ’n ander ras met verduidelikings so duidelik soos mis voor die son.Die vraestel is dieselfde vir alle vooertuie,met die verskil dat jy moet onderskei, wat op watter voertuig toepaslik is.Die gevolg is dat my vriend nie klaar maak nie.Hy verstaan hulle sal hom laat weet of hy deur is(hulle sweer hulle het hom korrek ingelig).Die feit is hy moet ’n geleentheid bedel om weer ’n afspraak te gaan maak,sy oë te laat toets,R67 betaal en oor drie weke,weer ’n geleentheid te vra,die toets te skryf, ,maar toe maak hulle 3.15nm klaar,die kantore sluit 3.00nm,hy kan nie weer ’n afspraak maak nie.Hy moe ’n geleentheid soek,’n afspraak gaan maak,sy oë laat toets en weer gaan skryf.
Op ons eie dorpie,gesels my vriend met ’n spietkop-die lag toe hy hoor van die dilemma:”Jy sal nooit die lisensie kry nie,jy is nou op hulle ‘payroll’-hulle melk jou om hulle rekenings te betaal.”
Ons verkoop die ‘scooter’,my vriend loop maar weer,en ek skud my kop,soos ek deesdae aanhoudend in ons land doen-dinge lyk net nie reg nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

liksens
mioes net n R50 noot op diplomtiese wyse van eienaar laat verwissel het. werk soos n bom
5 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 2 ure oud


Liksens
Dit bly maar net 'n verskriklike ding. Arme man. Ek hoop hy's oukei? So sonder vervoer en als?
5 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 13 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar