Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is nou die fliek met Adam Tas as hoof speler.

Saterdag middag 6 uur. Sy is op haar plek – snoesig in die bed met ‘n series fliek op die groot skerm. Michelle trek al wat ‘n reeks fliek is af – gewoonlik hospitaal goete of moord en doodslag waar die een episode die ander opvolg en sy lê snoesig en geniet die flieks ek kyk net kopskuddend wyl ek haar koffie neersit en wegloop om my weer te kom tuismaak en met my dinge aangaan hier in die grot –
maar nou, hierdie Saterdagmiddag nie. . .

Now ways - ek het my manier van doen van dinge en ek sit haar koffie neer en stap klerekas toe en skuif die hangers met klere op soek na iets om aan te trek.
Dit trek aandag want dit gebeur selde – die ding dat ek dat ek beter wil aantrek:
“Soek jy iets?”
“Jip – ek is lus vir fliek en gaan maar rond bel en ‘n girl nooi maar ek wil darem net beter lyk .”
Baie droog terug :
“Ek sal graag wil fliek . .. ”
“Hel, dankie – dan is die keuse maklik; kom soek jy dan iets wat my sal pas en ek gaan net anderkant die rekenaar afsit en toe trek.”
“Is jy ernstig – sal jy kan sit ?”
“Die vry ry heel agter het baie been spasie en ek kan opstaan as dit nodig word . . .”
“Okei, dan gaan ek saam . . . of . . . ?”
“Jislaaik, niks te ‘of ’ . . . nie - dit sal baie beter wees as jy wil saamgaan dan kan jy bestuur en vat sommer ‘n groot sak saam.”

Enigeen wat daai duur onsmaaklik springmielies of enige peusel dingetjie by die fliek koop, moet die Shrink loop sien. Spar bly laat oop en dis baie beter om daar te koop daarom dra maar ‘n drasak saam vir die wegsteek – dit is belangrik.

Sy stop by Spar en steek haar hand uit. Dit is ook reg want ek het mos genooi en dit lê, soos gewoonlik, op die spasie by die instrumente van die bakkie en ek gee aan – my beursie:
“Moenie skaam wees om te koop nie – wine gums saam met Sprite is my keuse”


Die flieks is in die Mall, daar is maar redelik min mense vir ‘n Saterdagaand en ons bekyk dit wat vertoon word bo teen die muur by die betaal toonbank en bespreek keuses en ek stel voor:
“Kom ons ondersteun Afrikaans en gaan kyk ‘Die spook van Uniondale’ “
Sy kyk my onseker aan want sy weet ek is baie krities maar sy berus met:
“Dis jou R100 – ek is in.”

Daar is meer as twintig minute om te wag voordat die fliek begin en ons gaan na buite waar daar om die boompies in sirkels sitplek is en die Huis van Koffie is oorkant en ons bespiegel oor die wysheid om R20 vir so ‘n klein koppie koffie te betaal en mense loop verby – sommige is bekend en groet en ons wissel woorde en ander is net aan-kyk-baar – soos mense maar is en elke een het in my kop ‘n storie om oor te vertel en ek het haar nie gesien kom nie:
“ Haai oom Willie . . .”
Ek kyk op in haar koers en sien dis Mari “ haai Mari, dankie vir jou kuier vanoggend, het jy met jou pa gepraat?”
“Oe!, ons het gaan loer en hy het na jou voordragte geluister en hy is opgewonde, ek bel jou Maandag oggend vir die afspraak.”
“Okei . . . Mari, askuus, hierdie is Anita – ons is hier om te kom fliek vir ‘n verandering – doen dit so eenmaal per jaar.

Hulle groet en wissel woorde oor my doen en late; Anita deel nie Mari se opgewonde oor my doen en late nie – nie een in die familie is gepla met pa se kak nie en Mari kry haar vroulike aanvoeling maar weet en verstaan dat kunstenaars alleen en eensame mense is opdat sy self in beeldende kuns belang stel – sy hou van hout en het my vertel van ‘n ou gebrande tafel wat sy op die ashoop opgetel het en nadat sy met dit klaar is, wil al die ryk snobs dit koop opdat dit nou so ‘kitch’ lyk – dit, terwyl sy huise verkoop vir geld en sy kyk my met daai kyk in die sewende sekonde van vreemde aanvoelbare stilte en toe groet sy vinnig en sweef haar alleen koers verder en ek sien ‘n baie lang en vervelige aand vir een mens want sy het my van middag net so terloops ingelig dat haar kinders al uit die huis is en haar man gekoppel is aan sy stink sigarette, sy bier en met sy vet pens op die remote van die TV en ek sien die Denim Jean se boodskap en Anita kyk agterna maar ek is neutral en ek besluit dat vir die aand se onthalwe is dit net reg dat ek lig werp:
“Sy het vanoggend aan my deur geklop – ek ken haar nie maar sy weet wie is ek en ons het gesels want haar pa is een en negentig jaar oud en hy skryf gedigte en sy wil hom bring om my te ontmoet. Ek sal kyk en bespreek of hy belang sal stel om Woes te deel . . .”

Saak afgehandel – die uiters persoonlike eiland van die kunstenaar opsy geskuif, die deur toegetrek en die aand gaan aan.

Die fliek:
Nommer een – die storie is deur twee gelyknamige mense geskryf.
Daar is min mense wat ‘n storie kan vertel.
Ek gee al my punte vir die toneelspelers – behalwe Tobie Cronje is niemand die bekende afgesaagde gewone spelers nie.
Hulle standaard is presies dieselfde as my en Vic en Minette se vertolkings in ons verhale, maar net op film.
Al my punte vir die fotografie en toneelspel

Die storie is effe deurmekaar want ek ken nie hoe lyk Uniondale nie want hulle praat net van Willowmore en die verrassing is effe vooruitsienbaar omdat die skrywers nie weet hoe om ‘n geheim te verberg nie.
Die moeilikheidsgraad is hoog want die fliek gaan oor vandag maar ook sestig of hoeveel jaar gelede en soms is daar ‘n effe geknoop
Uiteindelik lyk dit of almal spoke is maar dit word uitstekend vertel, uitgebeeld en vertolk.
As blote fliek vermaak, beveel ek dit sterk aan en wens die makers geluk en hoop hulle kry hulle se geld terug.

Mooi week vir julle almal
(Sorry – synde effe kranklik, kon ek dit nie betyds vir Sondagaand maak nie)

Willie
2014/09/22

Napraat:
Indien Mari vir haar pa bring, sal ek graag van die negentigjarige onbekende oom se werke plaas.
Dalk join hy nog vir Woes




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

puik
willie ek het myself ingeleef in hierdie vertelling
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae oud


Puik
Kort (15 reels)
knap (niks prysgegee nie)
klaar (hou van)

en niks in-watte-verpakte newesakies oor buitestaanders nie.

Puik, man!

Hoe kry jy dit reg?
Hnnh?

GvT
g];o)
5 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 13 ure oud



tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar