Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

DIE BANALE BOSE

Eers wou ek glad nie oor hierdie film skryf nie. Maar soos dit in die lewe so is: As jy iets nuuts, ’n nuwe mens, lied, boek – enigiets -- ’n nuwe begrip leer ken, dan loop jy hom in die volgende tyd nogmaals teë. So is dit dan ook met die Bose, wat in ons tyd glad nie meer so brutaal en monsteragtig is nie, slegs plein, alledaags, normaal, banaal*. En dié film dui aan hoe dit gemeen is, hoe dit funksioneer.

.

[ DAS VERBORGENE GESICHT (dt.), La cara oculta (sp): regie: Andrés Baiz; draaiboek: Hatern Khraiche Ruiz-Zorrilla ; met Quim Gutierrez, Martina Garcia, Clara Lago, Marcela Mar, Juan Alfonso Baptista, Alexandra Stewart,   Spanië / Kolumbië; 96 min; 2011]

.

’n Jong vrou versteek haarself voor haar vriend, om hom ’n poets te bak, want sy is so bietjie jaloers op ander vrouens in die geselskap wat hulle ken. Maar sy het vergeet om die sleutel saam te bring en die deur is toegesluit; sy is vasgevang in ’n gepanserde kamer waarvan niemand weet nie, en kan hóm deur ’n eenrigtingspieël sien, waar hy op die rand van die bed sit en treur, Belén kan sien en hoor wat hy sê en doen, maar geen geluid dring van háár na buite nie. Daar is genoeg blikkieskos om 'n paar maande uit te hou, want dis gebou as wegkruipplek vir 'n Duitse ingenieur wat „in vrede wou sterf”, sou iemand hom vervolg.

   Na 'n tyd besluit haar vriend Adrián om haar te vergeet, nadat hy alles gedoen het om haar te soek; maar sy kon nie gevind word nie. En kort daarna verskyn hy voor die venster-spieël met 'n meisie, ewe aanmoedige soos Belén self, Fabiana, wat hom liefhet en wie hy kan liefhê. Vóór Belén op haar bed voor die spieël!

   Fabiana is bang om in die huis alleen te bly; sy meen dit spook want daar kom snaakse geluide uit die wasbak, en as dit met water gevul is, ontstaan klein golfies daarop. Eendag vra sy die badkamerspieël of iemand daar is. Daar kom die golfies. Sy vra verskillende dinge en by „ja” kom die golfies, by „nee” bly die water stil („Pappa?”), Agter hierdie spieël, wat die ander venster van die „skuilplek” is, staan Belén en slaan met 'n yster op die waterpype. Fabiana raai „Belén?” en die golfies word wilder en hou langer aan. Op die ou end weet Fabiana dat die sleutel, wat sy naas die bed gevind het, in 'n sleutelgat wat sy agter die boeke by die „spieël” in die slaapkamer ontdek, pas. Sy bevry Belén nie maar ruim  om, en as Adrián huistoe kom, het sy kompleet omgetrek in 'n ander vleuel van die huis „weens die pypwerk”.

   As sy later egter „vir oulaas” voor die badkamerspieël staan, antwoord Belén nie, en besorgd maak Fabiana oop om te kyk hoe dit met haar gaan. Belén oorrompel haar, slaan haar disnis en ontvlug. Daarby sluit sy toe, kleef 'n foto van haarself en Adrián op die spieël en verdwyn. Die sleutel gooi sy nalatig op die bed.

   Nou is Fabiana ingesluit, die voedselvoorraad is byna heeltemal verteer, hierdie vleuel  gaan nie meer gebruik word nie; die ondersoekende polisiekommissaris het Adrián al jaloers gedreig, „En as iets met Fabiana gebeur, bring ek jou om!”; in die laaste toneel sit Belén met haar rug na die kamera, en kan nêrens heengaan nie, en daar’s niemand met wie sy daaroor kan praat nie. Opgeskeep.

.

En dis die Bose.

.

Niemand het iets monsteragtigs gedoen nie. ’n Bietjie flirtasie, ’n bietjie pruil, ’n bietjie eitelheid (maar tog berou en kommer), ’n bietjie jaloesie, ’n bietjie wraaksug en humeurigheid, altesaam ’n bietjie onopmerksaam, almal selfsentreerd – soos oral. En Belén sit daar as die boosheid in lewende lywe. Dog is sy dit nie. Sy dra die las van die boosheid, en Fabiana die ander helfte. Maar hulle ís dit nie. En Adrián? En die polisiekommissaris?

   Die Bose weef en wuif en vleg soos ’n wolk suikerwatte en bind en verstik en verkleef almal wat daarin is. BOOS. BOOS. BOOS. En niemand het so reg skuld daaraan nie. Hier so ’n bietjie, en daar so’n bietjie, ja. Maar rêrig SKULD nie.

Die film is goed gemaak. Tegnies perfek, kamera, snit, toneelspel, alles. So gesien vyf. Maar by so ’n storie en so ’n slot... Nee, dan liewer minus drei sterre.

.

   Nou verstaan ek dit wanneer sommige mense van „liegstories” en „alles leuens” praat, wanneer dit om fiksie gaan.

.

Kyk na my resensie HANNAH AHREND van 10e. Septenber 2013  ]

©.2013.::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::<]:o(...|...)o:]>::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die verborge gesig
Hi Toom, sjoe dit klink fassinerend. Kan my net die frustrasie indink wat daardie vrou agter die spieel moes beleef het. Dankie vir die deel hiervan.
5 jaar 8 maande 1 week 15 ure oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar