Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oor die skrywer: John Hagee is al vyftig jaar in die bedizening en die leraar van die Cornerstone gemeente in San Antiono in Texas met 20000 aktiewe lede. Hy is die skrywer van vier top verkopers volgens die New York Times en ook die skrywer van The Jerusalem Count Down wat wêreldwyd n top verkoper is. Hy is ook die stigter en president van John Hage ministries wat na 249 lande wêreldwyd uitsaai op televisie en radio kanake. In Suid-Afrika is hy Sondae middae om een uur op TBN op kanaal 341

Hy is ook n groot Israel kampvegter en is die nasionale voorsitter vir die organisasie “Cristians united for Israel”. Hy is ook die skrywer van Die Vier bloedmane wat nou in Afrikaans beskikbaar is.

Die Vier bloedmane: In hierdie boek begin hy heel aan die begin van die boek op die belangrikheid van tekens aan die hemelruim toon. Hy lig ook die interessante verbintenis met bloedmane, wat saam met die Joodse feeste en die sameloop van hierdie spesifieke bloedmane, met gebeurtenisse op die Joodse volk uit.

Die eerste reeks van vier bloedmane wat saam met Joodse feeste geval het was in 1493 en 1494. Dit was die tyd wat koning Ferdinand en koningin Isabella van Spanje
alle Jode uit Spanje uit verban het.
Die Jode in Spanje moes al hulle besittings agterlaat en is duisende van hulle gedood. Baie van hulle het na die nuwe wêreld, Amerika, toe gevlug.

Die eerste bloedmaan was op 2 April 1493, wat saam met die Pasga geval het. Op 24 September 1493 was daar n algehel sonsverduistering Die volgende bloedmaan was op 25 September 1493 wat saam met die Huttefees geval het.
Die derde bloedmaan in hierdie reeks was op 22 Maart 1494 wat weer saam met die pasga geval het en die laaste een op 15 September 1494, weer saam met die huttefees.

Die volgende reeks bloedmane was in 1949 tot 1950, net na die onafhsnklikheidswording van Israel. Met die lees van die onafhanklikheidsverklaring deur David Ben-Gurion op 14 Mei 1948 in die Knesset in Tel Aviv was Israel vir die eerste keer n onafhanklike staat na die Romeise besetting en die verwoesting van Jerusalem in 79 N.C. to die Romeise generaal Titus Jerusalem verwoes het.
Hierdie onafhanklikheidswording was skaars gelees of die skote het geklap soos Israel deur sy Arabiese bure aangeval is en sederdien was daar nooit werklik vrede nie.
Nog ngebeurtenis wat hierdie bloedman vooraf gegaan het was die moord op ses miljoen Jode tydens die tweede wêreld oorlog in die doodskampe van Nazi Duitsland.
Die datums van hierdie bloedmane was

Die datums van hierdie bloedmane was 13 April 1949 wat saam et die Pasga geval het, 7 Oktober 1949 wat saam m3t die huttefees geval het, 2 April 1950 wat saam et die Pasga geval het, sonsverduistering op 12 September 1950 en weer n bloedmaan op 26 September wat saam met die huttefees geval het.

Die derde reeks bloedmane wat Hagee in sy boek behandel is die van 1967 tot 1968 tydens die Yum Kipoer oorlog. Dit was tydens hierde oorlog wat Jerusalem weer as n eenheidstad begin bestaan het, vir die eerste keer in baie jare nadat die Arabiese deel verower is.

Die datuns van hierdie bloedmane was 14 April 1967, 16 Oktober 1967, weereens saam met die Pasga en die huttefees, sonsverduistering op 2 November en die laaste twee bloedmane op 13 April en 6 Oktober 1968

Ons is nou weer in n reeks bloedmane. Wat hierdie huidige reeks bloedmane egter uitsonderlik maak is dat dit die eerste keer is dat die reeks bloedmane in n Shemitha jaar val en dat dit ook in die tyd van die fees van die ramshoring val. Shemita jaar is elke sewe jaar wat die grond moet rus.

Ons is halpad deur hierdie reeks bloedmane waarvan die eerstes op 15 April 2014 was en die tweede op 8 Oktober, weereens saam met die Pasga en die huttefees 2014. Die fees van die ramshoring was op 25 September 2014.

Daar gaan, volgens NASA, op 20 Maart 2015 n algehele sonsverduistering wees gevolg deur twee bloedmane op 4 April en 28 September 2015.

Volgens Hagee is God besig om met die wêreld te praat deur tekens aan die hemelruim wat niemand kan ontken nie. Christus het immers in y eindtyd profesi self gesê dat daar tekens aan die son die maan en die sterre sal wees.

Met sy Arabiee bure met Iran aan die voorpunt jan naanslag op Israel een of ander tyd verwag word.

Hagee stap die geskiedenis van die bloedmane en die verbintenis met die Jode volledig in hierdie boek deur hy verwys gedurig terug na ondersteunende verse uit die Bybel uit.. Ek voel dat hierdie boek n moet is vir enige geskiedenis student en dat ywerige Bybelstudente gerus die boek kan aanskaf. Dit is beskikbaar by C.N.A. en die meeste boekwinkels



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Claudine Cupido
Claudine Cupido
4 Bloedmane
Neels, ek wil net sê dat ek persoonlik die bloedmane ondervind het. Dit is so dat God deur tekens aan die hemelruim met ons praat. Ek wil verskil met u oor die datums van die verskyning daarvan; verlede jaar op 28 November 2014 en nie 8 Oktober 2014 - vanjaar 17 Maart 2015 en nie 4 April 2015. Interessant dat ek nog nêrens gehoor het van veranderde datums, via NASA, soos deur God self, aan sy kinders openbaar.
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


4
Baie interessant!!
4 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


4 bloedmane
baie dankie vir hierdie pragtige resensie Neels.. ja die bloedmane is n baie interessante verskynsel wat ek ook volgens die Bybel volg
4 jaar 9 maande 3 weke 17 ure oud


BLOEDMANE

Dankie Neels vir die mooi opsomming. Maar ek wonder ook oor die bloedmane. Wat is dit?






















4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag oud


Bloedmane
Dankie Neels, dis baie interessant die bloedmaan-dinge. Ek dink net ons moet nie wag vir nog 'n maan voordat ons gereedmaak vir die koms van die Here nie. Ons moet elke oomblik gereed wees . . .
4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud


DIE VIER BLOEDMANE DEUR JOHN HAGEE

Die wat let op die eind tye, sal nie beskaamd staan nie.

Dankie Neels vir hierdie bydra.
4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 3 ure oud


Bloedmane.
Dankie Neels. geweldig interessant. Wat is die bloedmane??
4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


Bloedmane
Baie dankie vir die deel van hierdie informasie. Mens word nooit te oud om te leer nie.

4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


Bloedmaan
Baie interessant Neels, dankie. Ek wonder net: Wat word bedoel met die term 'Bloedmaan?'
4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 15 ure oud


Bloedmane
Baie interessant, dankie hiervoor Neels.
4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud



Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar