Resensies

Titel: Donkerland
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanaand het ek weer vasgenael gesit voor Deon Opperman se breinkind.Nog nooit het ek geskiedenis beleef soos hierdie paar hoofstukke van Donkerland nie.Nog nooit het ek die smart en moeite van die Boerevolk so beleef nie,nog nooit die Engelse soldate se se emosies met die uitvoer van onredelike bevele,waarteen hulle niks kon doen,sonder om hulle eie lewns ingevaar te stel nie.Om nie eens te praat van die swart mense se onvermoe om te verstaan hoekom hulle aan die agterspeen moes drink nie.Stadig was ons saamgeneem waar hulle eie smagting na eie grond begin het en hoe niemand dit kon verstaan nie.Die verklaring in vanaand se episode waar die boer se:'Ons het nog nooit lone betaal nie,en sal ook nooit nooit nie'
Ek het in die verskeurde Boere familie,broer teen broer en ma teen man,dogter se liefde oor die kultuurlyn heen,die gehate Engelsman en sy liefde vir 'n boeredogter.
Dit was ongelooflik getrou aan soos dit seker moes gewees het,emosies,liefde,haat,jaloesie,smart.
As iemand die moeite sou gedoen het om geskiedenis so in te kleur toe ek op skool was,het ek nie met moeite deur gebeur,van die episodes om geslaap nie,maar dalk 'n heel ander uitkyk op die lewe gehad.Helaas,seker maar goed so ,want anders het ek my dalk geskaar by 'n Johan Nieuhaus,'n Breyten Breytenbach,'n Frederick van Zyl Slabbert,'n Steve Biko,en honderde ander veragtes van daardie tyd.Het ek dalk beter verstaan waaroor die 1976 opstande geggaan het-was ek dalk net ook in die tronk en wie weet vandag 'n minister-wie sou kon se?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Donker
Dankie Johnie,
dit staaf my eie mening dat die enkeling (elkeen van ons) soveel moontlik moet leeer ken, probeer verstaan om met 'm al hoe helderder blik al hoe meer te kan sien... En daarna sy lewe uit te rig. En nie aan 'n neusring gelei te moet word nie.
Ongelukkig sal ek waarskynlik nooit hierdie film (of reeks?) te sien kry nie. Hier in die diaspora.
GvT
6 jaar 5 dae 1 uur oud


Donkerland
Dis lag-lag die heel beste reeks wat ek nog ooit gevolg het. Anders as Wolf dink ek dis goed om te weet van alles wat weggesteek was en om te verstaan. Puik-puik werk!!!
6 jaar 1 week 5 ure oud


Donkerland . . .
Ek het uit my familie se skrywes die boek toegemaak en weg gesit.
Daar is geen sin meer in om te herinner nie.

Vyftig jaar later en met hulle wat nou in die onverdiende vette swem, sal ook die straf bring bring.

Daar is altyd straf vir onregverdigheid.

Neewta.
Die lewe gaan aan.

Thanks
6 jaar 1 week 17 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar