Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eers Oliver Schneider en gisteraand Elsa Joubert.Ek het vorige programme gemis,maar ek het genoeg gesien om my in totale depressie te laat verval of tot hogere hoogtes aan te spoor.Ek het op 'n stadium vasgesteek by Emily Hobhouse en die ongelooflike werk wat sy,vrou-alleen, hier in ons land kom doen het.Maar om net Elsa Joubert, wat nou vars in my kort geheue is,te noem-wat 'n verhaal!Maar dis nie die ergste of dan wonderlikste nie,dis dat ek in haar leeftyd geleef het en niks van dit wat sy opgedis het,saam beleef het nie.Ek sou ook deel wou wees van haar wonderlike,nagevorste skrywes oor ons land,sou ook die effek wou ervaar wat 'Die reise van Poppie Nongena'in ons land veroorsaak het, wou sien,Waar was ek toe soveel mense begin het om die onreg van apartheid tee te gaan,toe mense dit gewaag het om die regering te wys op hierdie onding.Sy het 'n ongelooflike nalatenskap,soveelso dat ek op 65 nie eens,sou ek net haar boeke lees,dit kon deurwerk nie.Hoe skaam kry ek toe ek sien van haar boek(die naam ontgaan my)wat voorgestel was as skool voorgeskrewe boek,afgekeur is omdat dit een foto van swart en wit kinders saam vertoon het.President Mandela het haar een boek oor Afrika in die tronk gelees en ek wat toegang die beste gehad het,het nie.Ek is skaam oor die bydrae wat ek gemaak het tot 'n nuwe bedeling vir almal en nou ons lot beklae omdat dinge nie voorspoedig gaan nie,terwyl Elsa Joubert op 91 nog elke dag voor die rekenaar sit en probeer om 'n verskil te maak.Ek is skaam,baie skaam,ek is spyt,baie spyt,maar al wat oorbly vir my is om met bewende vinger uitteroep:'Viva,Elsa Joubert Viva' en al die ander onbesonge,onvermelde,wonderlike,formidabele mense wat ons land opgelewer het.Maar dit vat nie my rooi gesig weg nie.Laastens -dankie Kyknet!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kommentaar
Ek stem saam. Self het ek nog net 'Poppie' gelees. Wou nog altyd meer van haar lees. Kom net nooit by alles uit nie. Die vrou is 'n legende en ons moet haar bydrae vier!
7 jaar 9 maande 4 dae 15 ure oud


Al ooit gehoor van skrywers wat ophou skryf en op pensioen kan gaan?
Dit is net soos jy daar se Maduvis, dis nog by verre nie te laat om 'n verskil te maak nie. Daar is nog b-a-i-e tyd. Skrywers tree nooit af nie. . . Hulle moet (soos iemand gese het) afgestamp word! Van wat af, sal ek nou nie weet nie. Maar skryf, die sal ons skryf totdat ons omval?
7 jaar 9 maande 4 dae 15 ure oud


Elsa Joubert
Ek het so pas beide Elsa se biografieë gelees en kon dit glad nie neersit nie. Die vrou is 'n ikoon en fassineer my. Die dinge wat sy gedoen en ervaar het en dit in daai jare, dis verstommend. Eendag as ek groot is!!!!
7 jaar 9 maande 4 dae 20 ure oud



Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar