Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

’n Spaanse filmgeselskap wil ’n film oor Christoph Kolumbus in Bolivië draai. Dit moet ‘n ware daarstelling wees, en sal ondermeer die swakhede en booshede van die man en sy tyd aan die dag bring. Daarvoor het hulle etlike kleindaarstellers nodig. Die film word in Bolivië gedraai –  ‘n land wat Kolumbus nooit gesien het nie, twee-duisend-vyf-honderd meter hoog in die berge, en nie op die eilande in die Atlantiese Oseaan nie – omdat juis die verarmde Indios, land- en favela-bewoners,  vir ‘n appel en ‘n ei (twee dollar per dag) bereid is om énigiets te doen, wat beter is as om te verhonger. En hier vang die moeilikheid aan.

[UND DANN DER REGEN (Dts), TAMBIÉN LA ILUVIA (Sp);  regisseurin: Icíar Bollaín;  toneelspelers: Gael García Bernal, Luis Tosar, Juan Carlos Aduviri; draaiboek: Paul Laverty; 2011. Frans-Spaanse koproduksie.]

Die volgende drie strange in die verhaal kan ons erken:
°  Dis die film self, „Christoph Kolumbus", ons sien tonele wat geoefen word, en ons sien snitte uit die film soos dit op die silwerdoek in volkostuum gaan verskyn.
°  Dis die-film-in-die-film, so te sê die „Making of” van die film, hoe die filmemakers te werk gaan, wat hulle doen as hulle ‘n film maak; mense loop met handkameras om, en iemand is altyd êrens daarby om iets of iemand te verfilm of ‘n onderhoud te voer.
°  Dis staaltjies van wat die filmmense na werk en op die naweek doen, wat die berg-Indiane doen as hulle saans na hul favelas of dorpies huistoe gaan.
  En nou kom daartoe die silwergaring wat dit alles saamvleg, vierdens:
°   Dis die jaar 2000 en die Wêreldbank het die staat Bolivië gedwing om sy waterregte aan ‘n buitelandse firma af te staan. En die firma verbied die inwoners om ‘n eie bron te besit, selfs om reënwater op te vang. Die bedienstetes van die konsortium tree eiemagtig op en roep by elke geleëntheid die polisie en soldate om vir hulle dekking te gee. Dis die historiese waarheid waartydens die filmemakers werk. ‘n Politdrama ontwikkel.

Een van die lekedaarstellers toon dat hy ‘n besonders goeie toneelspeler is en kry die belangrike rol van die aanvoerder van die rebelse Indios op een van die eilande. Agter die skerms leef die Spaanse beroepsakteure hulle in hul rolle uit: „Ek speel die monnik wat oor jare en dekades die owerhede aankla...” „Ja, maar ek speel die eerste wat op die mislike toestande opmerksaam gemaak het...” Die produsent, Costa, is spaarsaam met die geld wat hy kry, en Sebastian, die regisseur, is gelukkig oor die verloop van die draai.
   As die twee eendag oor die markplein van Cochabamba stap, sien hulle hoe Daniël,  die Indio-aanvoerder in hulle film, by ‘n demonstrasie met mikrofoon in die hand die menigte aanspreek, luidkeels en met wilde gebare. Hy is aldus ook in die geselskap buite die film een van die aanvoerders. En dit is gevaarlik vir die film, want die polisie sit hom gou genoeg agterna. Die politiese spanning eskaleer.
   „Dit het niks met my uit te waai nie,” sê Costa en dink net aan die geld wat hulle spaar deur in so ‘n arm land te film. „Maar jy’s midde-in,” sê Sebastian. Die vergelyking tussen die moorderige uitbuiters en slawedrywers uit die buiteland van 500 jare gelede en die multinasionale konsortium van vandag wat die prys van water verdrievoudig sodat dit onbekostigbaar word, staan skielik reel voor almal se oë. Alte gou moet Costa sy toneelspeler uit die tronk gaan „vrykoop”, alte gou daag Daniël met gesigswonde op, en alte gou sê die korrupte beamte, „Ek gee hom nog een keer aan julle uit op voorwaarde dat my manne hom na die draai kom haal...”
   Die „Wateroorlog van Cochabamba” breek dan uit, en die campesinos en favela-bewoners verskans hulle met ander arme lede van die bevolking op die „Plein van die 14e. September”. Die polisie bou barrikades op en sluit die toegangspaaie tot die stad. Molotow-cocktails vlieg, polisiemotors lê op hul rug langs die strate, rook styg uit die gange in die krotbuurte, die strate en vensters in die betere voorstede en uit die middestad op...
   Chaos, uiterste chaos. En die Kolumbus-film, wat daarvan?
   Heelwat staan kop en/of kyk in die ander rigting. Die grootpraters uit die eerste tonele (van óns film) sak inmekaar uit vrees, die buitelandse geldskieters beveel dat die geselskap onmiddelik die land moet verlaat, die ywerige Sebastian verslap in letargie, die yskoue sakeman, Costa, maak ‘n ommekeer om ‘n verwonde kind wat in die film gespeel het, te hulp te snel.

‘n Goeie storie, dit wil sê draaiboek, uitstekend vertel, dit wil sê met besonders fynvoelige regie, oortuigend gespeel, met ‘n hele ry prikkelende temas waaroor mens nog lank daarna kan gesels. Dit is ‘n bulderende geselskapskritiese drama, niks vir sussies nie, by tye in die film-film én in die werklikheid-film reg bloeddorstig.
   Minstens vier sterre vir die rykdom aan idees, die waarhede en vermeende waarhede wat op die tafel opgedis word, maar ook die dingetjies wat in ‘n halfsin êrens laat val word en wat jou iets gee om oor na te dink.
   Maak nie saak wat jou politiese oortuiging is nie, dis die mooite werd. Ook (miskien veral?) weens die nagesprekke!

„500 Jare Onreg in 100 Minute”, het die filmkritikus Marcus Fliegel dit genoem.

[Wat by my die naarste opstoot, is wanneer iemand na my draai en uit die hoë sê,  „So was dit dog by julle in Afrika, nè? Voor die bevryding, meen ek...” Dan kom by my die uiters seltene moordlus op: Só was dit nie by óns nie. Dit wat julle uit die Amerikaanse geskiedenis geleer het, het in Amerika gebeur, nie in (ons deel van) Afrika nie. Dis nie moontlik om die Anglo-Hispaanse wêreldaanskouing in „die Amerikas” een-tot-een op die Germaanse denke op ‘n ander vasteland oor te dra nie. Óns ly vandag nog immer aan vergelykings met die manier wat die mense, sesduisend en meer kilometers van ons af, húlle  indigenés en swartes behandel het en nog altyd behandel. Menige van ons glo sélf die boodskap dat dit ook by ons  presies so was.]

©.2012.______________________________ ...ooOoo...____________________________.tje




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar