Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die wonderbare verhaal van blinde liefde

„As my bord ‘n horlosie was, waar het u gesê, is die kos? Die aartappels, die vleis,...? Op watter tyd, twee-uur, sewe-uur? Of waar?” Die kelnerin kyk die gas verbaas aan. Watse vraag is dit? Sy besluit om saam te speel.

   „As ons die bord
omdraai is ertjies op tien-uur, en drie-uur. Of op half-ses.” Sy word weggeroep en die gas sit daar onthuts. Óns kan sien dat die kol ertjies inderdaad van ongeveer sewe-uur tot ongeveer nege-uur strek. Maar die gas nie. Sy is blind. So ook die man teenoor haar aan die restouranttafeltjie. Half-ses! Soiets moet mens mos wéét om ordentlik te eet en nie op die tafel te mors nie!

[ERBSEN AUF HALB 6 – Die wunderbare Geschichte einer blinden Liebe; regie Lars Büchel; met Fritzi Haberlandt en Hilmir Snær Guđnason in die hoofrolle; D; 2003; 111 min.]

Die teaterregisseur Jakob Magnusson [Guđnason] verloor sy oë in ‘n motorongeluk en weier om ander mense tot las te val. Hy verlaat sy vriendin, gaan glad nie eers op die verhoog wanneer sy jongste stuk suksesvol oeropgevoer word, en die publiek na die regisseur roep nie. Hy weier om in die rehabilitasiekliniek opgeneem te word, en soek een van die hoogste geboue in Hamburg uit om van die dak af te spring. Maar hy val skaars twee meter op 'n koffietafel op die dakterras onmiddellik daaronder. Hy word slegs uit die psigiatrie ontslaan as hy plegtig verspreek om die sosiaalwerkster Lilly Walter [Haberlandt] na die reha-inrigting te volg en om te leer hoe om met sy gestremdheid om te gaan.

   Jakob het net een wens wat hy wil vervul ás hy nog moet lewe. Dit is om sy ou moeder, wat in Rusland op sterwe lê, te besoek. By die Hamburgse Hoofstasie besluit hy om te ontsnap. Hy loop die trappe af en klim op die trein wat daar staan. Oral waar hy verbygaan skree die kinders en vloek die grootmense as hy op hulle trap of teen hulle bots; bagasie en blikke val rammelend om. Hy word so te sê met die stroom mense in die trein ingedruk. En as Lilly hom vervolg, verloor sy hom op die perron, en staan besluitloos voor die deur waar die kondukteur moet inklim, en so druk hy haar saam in die trein nadat hy sy fluitjie geblaas het. Op soek na 'n sitplek kry die twee mekaar in die eetsalonwa weer. Hy kom eenvoudig nie van haar af los nie, haar gehoor en ander sintuie is te skerp. Hy trek die noodlyn en klim van die trein af. As die trein weg is, staan sy op die anderkant van die spoor. Hy roep of iemand daar is, en sy antwoord, „Hier is ek tog!” Woedend hardloop hy in 'n son-geel raapakker in. Sy al agterna.

   As hulle uitgeput weer naas die treinspoor stilhou, ontdek hy vir die eerste keer dat sy ook blind is. Hulle stap saam om mense te soek, sy tak-tak-tak met haar stok teen die spoor: „Waar 'n treinspoor is, moet ook 'n stasie wees!”  As sy hoor dat hy na sy siek ma toe wil gaan, besluit sy om hom te help om tot die veer­boot­hawe te kom, waar hy 'n oorvaart na Rusland kan kry. Intussen het sy per selfoon haar familie in kennis gestel, en haar vriend bring haar ma met die kar agterna om haar te kom haal.

   Maar aanboord van die skip laat hy haar hand nie los nie as sy aan wal wil gaan en sy moet noodgedwonge saamry, daarby verloor sy haar selfoon oorboord. Nou word dit ‘n road-movie. Hoe gaan twee blindes deur Rusland kom? Te voet? Haar mense kom in die hawe aan juis as hulle uitvaar en klim op die volgende boot. Almal sonder bagasie (Maar met ‘n tjekkaart waarskynlik?). Êrens op elke dorp is seker íémand wat Duits kan praat, en Jakob leer ook om te luister waar hy nie kan sien nie, soos hoe die reën verskillende geruise maak wanneer hy op verskillende dinge val. Daar is baie reën in die loop van die storie. kan natuurlik Russies. Nou word dit ‘n sprokie. Dan raak hulle in mekaar verlief. Dit word ‘n liefdesverhaal. En ‘n vervolgingsjag. Alles in een. Natuurlik kom die trenning en jaloesie. Nou word dit ‘n sepie.

   Uit hierdie konterbonte deurmekaarspul kom die twee eindelik anderkant uit. (Sê maar, hoe kom dan blindes deur die wêreld? Deur ‘n vreemde landskap? Op ‘n onbekende dorp?) In elk geval vind hulle mekaar in die reën weer. Hulle loop aan mekaar verby, staan stil, draai om en loop in mekaar saam, nie gebots nie maar regtydig stilgehou. Hy sê trots en dankbaar, „Ek het jou gehoor!”

‘n Mooi film, ‘n byna onmoontlike verhaal, liefdevol vertel en gelyktydig bietjie skurriel. „Waar” en nogtans onwerklik, irreëel. Ja wonderbaar, wonderlik. Etlike sterre. Minstens vier.

 

©.2013................................................◄[:o(...||...(o;[כ..........................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar