Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die eerste keer wat ek gehoor van die rolprent waarin Willie Esterhuizen ‘n ernstige rol vertolk en dit nogal van ‘n groot mens wat verstandelik vertraag is, was ek maar bra skepties. Dit het my baie aan Vetkoekpaleis laat dink. Die frase “Instrument hooligan” het in my kop vas gesteek. Een van Kolegas wat die lokprent gesien het kon nie wag om die rolprent te sien nie. Ek het na werk onmiddelik die lokprent en die “Hoe Faan se trein gemaak was”, op die internet gaan kyk. Die lokprent het my geprikkel. Ek het, tenspyte van my teleurstelling met die laaste vlaag Afrikaanse rolprente nogal daarna uitgesien om die rolprent te sien. Die “Hoe Faan se trein gemaak was,” het egter amper my entoesiasme gedemp. Ek het vir myself gesê; “ Miskien is die swak toneelspel van sekere van die akteurs nie rede om die rolprent af te skiet voor jy dit gesien het nie.”
Ek was die tweede persoon wat die video by die video winkel gehuur het. Ek was nogal verbaas om net een kopie op die rak te sien terwyl daal twee of drie kopieë van die meeste Afrikaanse rolprente op die rakke was. Die aand het ek die projektor en die klanksisteem aangeskakel en met ‘n beker koffie in die hand terug gesit om die rolprent te kyk. My dogter het met ‘n groot bak spring mielies op haar skoot gesit.
‘n Trein toet, die titels begin op die skerm, die trein rook is sigbaar deur die titels, die geluid van ‘n trein is hoorbaar. Dan begin die musiek. Faan trek sy treintjie agter hom aan... Wat ‘n briljante manier om die rolprent te begin... Willie Esterhuizen is Faan. Ek sit terug om myself in die rolprent te verloor. Irriterende, onnodige titel musiek en al. Maar dan begin alles ‘n paar minute later heeltemal uitmekaar te val. My dogter begin skielik te lag en om die waarheid te sê, sy het daarna nie weer opgehou lag nie.
Die probleem met die rolprent is dat dit as ‘n sensitiewe verhaal van ‘n groot man vasgevang in die verstand van ‘n kind beskryf was. Dit ontaard egter in ‘n bespotting van vertraagde mense. Dat die draaiboekskrywer die draaiboek in drie dae geskryf het kan ek glo. Dit wys duidelik op die doek. Die regisseur het duidelik ook nie deeglik na die draaiboek gekyk nie want hy moes dit raak gesien het. Dit lyk of tonele net saamgegooi is en die dialoog van Faan laat mens nie regtig voel dat jy jammer moet voel vir hom nie. In plaas dat Faan voorkom as ‘n man wat nog kind is kom hy voor as ‘n onbeskofte, seksbeluste boelie wat nou en dan soos ‘n vertraagde optree om simpatie by die mense rondom hom te wek teenoor hom. Veral die tonele waar Faan soos ‘n seksbeluste duiwel na die vroue se borste kyk laat my nie glo dat hy ‘n grootman is met die gedagtes van ‘n kind wat nie besef wat die “lood in sy potlood” regtig beteken nie.
Stories in die rolprent wat uitgebrei moes word nie uitgebrei net nie. Faan se renons teenoor die Buldousers gaan nêrens heen nie. Iemand soos Faan sou seer sekerlik die Buldousers, wat sy pa se tender “gesteel” het terwyl sy pa nog leef, iets wou aan gedoen het om hulle te probeer keer. Dit is eerder sy verswakte pa wat dit probeer doen.
Faan het blykbaar so ‘n groot fassinerende obsessie met die trein wat gereeld verby die dorp stoom maar jy sien hom nie eers by die spoor gaan sit en wag vir die trein nie, nie eens om vir homself te gaan kyk hoe lyk die trein van naby nie, of om sy eie “trein” vir die trein te gaan wys nie. Dit veral na die toneel waar duidelik aan hom gesê word dat ‘n trein nie rooi is nie. Iemand soos Faan sou seker wou gaan seker maak het.
Die dorp se mense wil Faan graag uit die dorp hê maar deur die hele rolprent sien jy basies net twee mense wat Faan uit ie dorp wil hê. Die feit dat die een ou vrou wat so opdruk dat tender vir die dam aan die man met die buldousers gegee moet word moet seker iets met Faan te doen het maar daar word nie deur die ander raadslede daarna verwys nie. Haar verskoning dat die dorp die dam onmiddelik benodig het kon net ‘n verskoning gewees het oom haar en die ander dorpenaars se verskoning gewees het om oom Frik, die Sersant en die Dominee te dwing om Faan in ‘n gestig te laat opneem.
Daar is soveel onontginde moontlikhede in die rolprent....
“Ek wonder ook nog steeds waarheen die dominee hom so haas as hy oom Frik se siening begin deel dat die buldousers, wat die sloot skraap vir die dam, die ongediertes is wat in Openbaring beskryf word, en hom skielik by oom Frik se huis uit haas.
Die keuse van akteurs en die toneel spel in die rolprent moes ook meer aandag van die regisseur gekry het. Die aktrise, Nicola Hanekom, oortuig my nie in haar rol nie. Veral die dele waar sy Faan verlei vir sy ma se viool. ‘n Vrou wat ongelukkig is in haar huwelik sal seker die kans om enige man te verlei, al is hy vertraag, benut om haar meer sensuele kant beter uit te leef veral as sy en haar man skynbaar nie meer daardie kant van hul lewens in hul huwelik ervaar nie. ‘n Gewetenlose feeks, soos wat sy voorgehou word, sal dat niks in haar pad staan as sy iets waardevol in ruil daarvoor sou kry nie. ‘n Honderd duisend pond daardie tyd was sommer baie, baie geld.
Kobus Rossouw oortuig my ook nie as oom Frik, ‘n boer wat sit en wag op ‘n tender van die dorp nie. Hy kom vir my eerder voor as ‘n ryk boer wat arm probeer speel.
Anel Alexander het in Semi Soet, volgens my, nie veel van ‘n kans gehad om te wys wat in haar as aktrise steek nie. Die rolprent het haar ‘n kans gegee, al is dit maar ‘n redelike klein rol, maar sy het my nie oortuig nie. Grimeringlose gesig en al.
Marius Weyers moes nooit die rol van die dominee aanvaar het nadat hy die draaiboek gelees het nie. Wat het so ‘n briljante akteur besiel om dit te doen? Die rol doen niks vir hom nie. Dit lyk of die tonele ingedruk is om plek te maak vir hom.
AJ. Van der Merwe het my bietjie verras as die polisie sersant.
Deon Lotz se spel is ook nie so sterk as wat dit kon wees nie.
As Faan se trein ‘n ernstige, sensitiewe kykie moes wees in die lewe van ‘n vertraagde man misluk dit hopeloos.
As dit as ‘n vulgêre komedie beskryf was wat die spot dryf met vertraagde mense sou dit die spyker op die kop geslaan het.
Die ander groot hinder in die rolprent is redigering en die musiek wat gebruik word. “Al lê die berge nog so blou” maak net nie sin in die rolprent nie.
Wat redigering betref... As jy die rolprent mooi kyk is die redigering nie net swak nie maar is daar een of twee duidelike foute met kontinuïteit in die redigering. Waar die buldousers die eerste keer verskyn is hulle reeds op pad na die sloot waar die geskraap moet word. Die volgende oomblik sien jy die buldousers deur die dorp se strate ry met mense wat nuuskierig by hul deure uit loer.
In die toneel aan die begin waar die kinders vir Faan terg val nie een van die kinders op die grond nie en word daar nie regtig stof opgeskop nie. Die kind se ouma slaan egter ‘n dik laag stof van die kind se hemp af. Die rug van sy hemp is ook vol stof.
“Faan se trein” is weereens ‘n bewys dat Afrikaanse rolprente gemaak word net om finansiële gewin uit ‘n Afrikaans honger rolprent publiek te melk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar