Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tripp (Matthew McConaughey) is 35 en hy bly nog steeds by sy ouers. Kortliks, hy's te lui, te gemaklik en te vrek sleg om op sy eie te gaan bly. Sy raadop ouers besluit om 'n vrou te huur wat sal help om hom uit die huis te kry. Sarah Jessica Parker speel die rol van Sarah, wat Tripp se ouers belowe dat hy binne 'n week uit die huis sal wees. Hierdie is die tipiese "chick"-fliek wat geen normale mens gaan sien as hy 'n ander keuse het nie. Nie sleg vir 'n Sondagmiddag wanneer daar niks anders is om te doen nie, maar andersins is die tema al holrug gery. Vandat Matthew McConaughey in 1996 sy verskyning in A Time to Kill gemaak het, wag ek nog steeds dat hy moet bykom en die regte rolle begin speel. Hopelik kom hy in 'n stadium daarby uit voordat hy te oud is...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar