Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het lank gewag voordat ek die resensie begin skryf het. Ek het die laaste Afrikaanse rolprente so afgekraak omdat hulle dit verdien het. Rolprente wat ek afgekraak het, het nie regtig stories gehad nie of die stories was swak. Daar was in werklikheid geen werklike struktuur in daardie rolprente nie. Dit was net gemaak.

Hoe verbaas was ek nie toe een van my kolegas vir my sê dat as ek ‘n werklik ‘n goeie Afrikaanse rolprent wil sien moet ek “Four Corners” kyk. Ek moet herken dat ek nie eens van die bestaan van die rolprent bewus was nie.

Hoe verras was ek nie toe ek die rolprent gekyk het nie. Nie net oor die inhoud van die storie nie, en ja, dit het ‘n storie, nie net een nie, sommer ‘n hele paar stories. Wat my egter die meeste beïndruk het is hoe goed die rolprent aanmekaar gesit is. Die stories en die stories agter die stories, as ek dit so kan noem is voorwaar goed gestruktureer. Die simboliek, struktuur, regie, redigering en alles wat mens van ‘n goeie rolprent verwag dra by tot ‘n goed afgeronde rolprent. “OSCAR GEHALTE!!!”

Die storie, soos ek reeds gesê het is verskillende stories wat mekaar goed ondersteun en ‘n fantastiese geheel vorm.

1ste Storie :

‘n “Skollie”, ‘n lid van ‘n bende wat wil uit met een hoof doel voor oë, om ‘n “normale” lewe weg van “skollie” wees te lei.

2de Storie

n Seun wat ‘n eie identiteit soek in ‘n omgewing waar dit baie moeilik is om nie lid van ‘n bende te word nie. Groot word is nie altyd maklik nie...

3de Storie

“n “Skollie” wat sy naam wil vestig en seker maak dat hy sal onthou word en wat die ander “Skollie” wat hy nog steeds as deel van hul “aartsvyand” sien en die vermetelheid het om in hul gebied te kom bly, wil wys “waar David die wortel begrawe het.”

4de Storie

‘n Polisieman wat ‘n reeksmoordenaar moet opspoor en vasgevang word in een van die vier hoeke wat ‘n tema vorm in die rolprent.

5de Storie

‘n Meisie wat huis toe kom en vrede moet maak met die verlede. (Sy bevind haarself ook in een van die vier hoeke wat deel vorm van die hoof tema van die rolprent.)

Alles in een geweef en ‘n mens dwing om vra te vrae. Dit laat ‘n mens ook wonder hoe ‘n mens ‘n normale lewe kan voer te midde van bendebedrywighede. Dan bring dit ook die vraag op, “Is jou toekoms vir jou geskryf, of kan jy jou eie toekoms maak?”.

Toneel spel

“OSCAR GEHALTE” is beslis nie die regte beskrywing nie. Dit is selfs moeilik om te onderskei tussen wie werklik waar professionele akteurs is en wie nie is nie.

Vyf uit vyf vir Four Corners. ‘n Moet sien rolprent. Jy sal jouself ‘n onreg aan doen as jy nie die rolprent wil kyk nie net omdat jy nie van die soort rolprente hou nie.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

four corners
Ek sal beslis hierna gaan soek-draai dit by alle teaters,lank gelede,nou kort?
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud



Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar