Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie fliek handel oor ‘n dwelmverslaafde onderwyser wat ‘n ongewone verhouding met een van sy leerlinge aanknoop, nadat sy sy geheim agtergekom het. Moenie ‘n fout maak nie, die fliek is hel stadig. Die enigste ding wat keer dat hierdie een ontaard in nog een van vele onafhanklike fliekpogings om ‘n “kunsfliek” te maak, is Ryan Gosling se ongelooflike spel. Ek het lanklaas in my lewe ‘n jong akteur gesien wat so oortuigend is. Dit is moeilik om te glo dat hy geen formele onderrig ontvang het nie. Ek begin wonder hoekom die akteurs uit Kanada so ver voor hulle Amerikaanse eweknieë is. Miskien is dit iets in die water. Nuweling Shareeka Epps vertolk die rol van sy leerling. Tensy jy spesifiek wil gaan kyk na Ryan se spel, is dit werklik nie die moeite werd om hierdie fliek te gaan sien nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar