Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


'n Texaanse regisseur het besluit om 'n „kostuumfilm” oor die „Goue Verlede” in Europa te maak. Hy het sy bekende spelermanskap en komponis saamgebring, het sy draaiboek uitgepak en gedraai. Maklik, nè? Maar eers het hy heelwat „huiswerk” gedoen: Om sy verhaal in te klee, ook in te kleur, het hy boeke gelees, vernaamlik twee boeke van 'n oosterrykse skrywer uit die fin de siécle, die wende van die neëntiende in die twintigste eeu. Stefan Zweig was beroemd in die Donoumonargie wat hy later as 'n soort verlorene paradys in sy herinnering behou het. Vóór die eerste wêreldoorlog het hy luuks geleef en was lid van die intellektuele elíte in Wenen. Daarná moes hy teen die sterker wordende nasionalisme en antisemitisme veg en het na Brasil gevlug, waar hy 1942 in eksiel gesterf het. In twee boeke is sy herinneringe opgeteken, wat wel as inspirasie vir „Budapest” gedien het. In Die Welt von Gestern beskryf hy sy nostalgie oor die monargie wat ondergegaan het, en Rausch der Verwandlung (Roes of bedwelming van die verandering) is die verhaal van 'n luukse hotel in die Alpen wat deur 'n conciérge as „eiland van die gelukkiges” bestuur word.

Voila! Nou moet net 'n rolprent daaruit getimmer word.

.

[ Grand Budapest Hotel; r. Wes Anderson, met Ralph Fiennes, Tilda Swinton, Tony Revolori, Jason Schwartzmann, Jude Law en Saoirse Ronan e.a.;
musiek Alexandre Desplat; 2014. ]

.

In die (uitgedagte) Alprepubliek Zubrowska* het die conciérge van die Grand Budapest (Fiennes), Monsieur Gustave (sê M'sieur Guustaaw), die bestuur vol onder beheer en geniet die vertroue van sy kliënte, asook en veral die liefdesgawes van die dames. 'n Nuwe lobby boy (Revolori) word aangestel en volg sy baas soos 'n troeteldier om alles te leer wat te leer is, alles. Ondertussen raak hy en die meisie wat die exqisites cholocolats bring inmekaar verlief. Alles loop soos dit moet tot die ou Madame D (Swinton) sterf. Dan kom haar kinders en ander familielede in die spel: Madame D het alles haar geliefde Monsieur Gustave nagelaat, en hulle vrees dat iets nie suiwer afgeloop het nie. Altegou moet M. Gustave en die lobby boy, Zero ('n arm kind uit die berge, hy is niks, het niks en ook niks geleer nie, aldus sy naam) voor die woedende familiebende vlug. 'n Wilde vervolgingsjag deur die Alpe, alles ou-modies en charmant maar met doodsgevaar wat om elke hoekie loer.

    Alle conciérges in alle hotels op alle berge in die omgewing is in kennis gestel en bied hulp onder die onmoontlikste omstande aan  tot en met 'n fles van M. Gustave se lieflingparfuum. Alle grappies oor die bergmense, oor die ou koninklik-keiserlike monargie, die ou sneeu- en skigrappies, grappies oor baas en kneg word uitgehaal en opgedis. Dis vrolik  wanneer dit nie moords is nie  en dit loop klop-disselboom soos 'n amerikaanse kersfeeslied. Wat wil jy nog?

.

Hier is weer 'n interessante verteltrant: 'n Skrywer vertel hoe mense wat graag toehoor, baie stories te hore kry, en die uitdink is nie so moeilik nie, net die afskryf, Hy sê hy was na lange jare weer in 'n gebied waar hy vroeër graag vakansie gehou het. Die mooi ou huis was in haglike toestand en glad nie soos hy dit onthou nie. Sy buurman in die bad langsaan in die badehuis sê hy het al van sy boeke gelees, en as hy wil, nooi hy hom uit om saam te eet en dan kan hy, die gas, hom, die skrywer, 'n storie vertel. En so begin die verhaal vyftig en meer jare nadat dit geëindig het.

.

Ofskoon die titel dit wil aandui, is nie in Hongarye gefilm nie, maar in Görlitz en Zittau, twee Kleinstädte in die uiterste hoek van Sakse, waar 'n ou leegstaande winkel (modern: inkoopsentrum) uit vergane eeue en 'n stadsaal gebruik is. En die binnetonele in Babelsberg, die duitse Hollywood, naby Berlyn. Die wêreldeersopvoering was in Februar vanjaar by die Berlinale, waar dit die Silwerbeer van die jurie ingesak het.

.

Die moeite werd. Drie-en-'n-half tot vier sterre.


*Zubrowska is die naam van 'n poolse snaps.
©.2014._______________________c];o)-)o:[>_____________________________.tje





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

budapest
Toom ek geniet altyd jou resensensies
5 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud



Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar