Resensies

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie tipe storie is al op verskeie maniere in verskeie flieks gebruik en hierdie een is die fliekweergawe van 'n dokumentêr met dieselfde naam. Dwayne Johnson (The Rock van WWF faam), vertolk die rol van 'n parooloffisier in 'n maksimum sorgfasiliteit wat raadop is met die seuns onder sy toesig. Hy besluit om hulle te leer voetbal speel, sodat hulle kan leer saamwerk en om hulle selfbeeld te verbeter. As 'n stoeier wat oorgeskuif het na Hollywood, is Dwayne Johnson eintlik nie sleg nie. Van die ander rolle word vertolk deur L. Scott Caldwell, Leon Rippy en Kevin Dunn. Dit kom basies daarop neer dat as jy een voetbalfliek met hoërskoolseuns as tema gesien het, het jy almal gesien. Besluit maar self of dit die soort fliek is wat jy weer wil gaan sien.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nie nog een nie!
Ek is so MOEG vir hierdie tipe fliek. Hoeveel keer gaan hulle hierdie storie weer verfilm? Dit sal dalk interesant wees as jy 'n cross dresser het as die hoofrol wat mal is oor die straight oukie in die sel langs hom wie se pa die tronk hoof is wat hom daar gesit het omdat sy ma issues met hom het nadat sy hom gevang het met die rofste ou in die tronk se suster op haar spog sitkamer stel. At least sal daar dan spanning wees terwyl jy wonder hoe die rofste ou van die outjie ontslae gaan raak en watse liefdes driehok moontlik kan vorm.
13 jaar 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Mari

    deur Rachelle du Bois

    Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar