Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nog 'n film oor Israel  hierdie keer oor Duitsers in Israel. Nie net dat dit gedeeltelik in Tel Aviv gedraai is nie, maar ook ondersteuning van 'n israelse film­owerheid gekry het. (In die dankeslys aan die einde van baie europese films kom die name van mense en organisasies wat (meestens finansieel) gehelp het.)

    En diekeer
drietalig, met ondertitels waar nodig. Eerstopvoering in Montreál in August 2013 by die World Film Festival; duitse premiére in Januarie 2014.

[Hannas Reise; regie: Julia von Heinz; draaiboek: John Quester, Julia von Heinz; met Karoline Schuch, Doron Amit, Max Mauff, Lore Richter, Trystan Pütter, Lia Koenig, Suzanne von Borsody; oorspronklike tale: duits, engels, hebreeus; 2013; Duitsland, Israel.]

Hanna Eggert is 'n eersugtige jong student van ekonomiese bestuurskunde kort voor haar finaaleksamen. By 'n onderhoud met haar voorgenome firma lieg sy dat sy in 'n joodse tehuis vir gestremdes gaan werk („Iets joods is altyd goed, iets met gestremdes is altyd goed; met joodse gestremdes  dubbelgoed!”) en vra haar ma om so 'n skyngetuigskrif op te stel. Haar ma, wat by 'n vrywilligheidsdiens werk, is ontset en sê dat sy vir haar 'n plek kan vind waar sy kan werk, maar sy skryf geen vals berigte nie...

    In Israel aangekom leer sy hoe om met die gestremdes om te gaan, sy leer 'n jong man ken wat haar gedurig met holokaustgrappe beledig, en sy leer „haar” (plig-)holokaustoorlewende ken. Frau Gertraud Nussbaum. Hulle ontdek dat Hannas moeder lank gelede ook as vrywillige in Israel was, en dat Frau Nussbaum haar geken het. Hulle speur haar interesse en kontakte na. En so kom hulle op die spoor van hoe Hanna se grootouers hulle in die Derde Ryk gedra het.

    Hanna het 'n eksamen wat sy moet aflê wanneer sy na Berlyn terugkeer, en moet daarvoor swat. Sy het 'n vriend met wie sy skaaip. Die woongemeenskap van die vrywilligediens, waar sy woon, is 'n heillose deurmekaar, en haar dag het eenvoudig nie genoeg ure nie. Daartoe kom dat sy en die onuitstaanbare Israeli hulle inmekaar verlief.

    Die verhaal toon 'n verandering in iemand se persoonlikheid wat stadig verander van 'n yskoue, materialistiese, moderne jong vrou in 'n warmhartige, lewenslustige meisie wie se oë oopgaan vir dit wat werklik  en werklik belangrik  is in die lewe. Nadat hulle lank gekabbel het oor reg en onreg, oor skuld en vergifnis, bereik die twee jong mense 'n slotsom: „Ons moet daar aanvang waar ons is. Ons kan nie terug na nul nie.” Niemand kan nie.

.

Europese films hou hulle nie aan die Hollywood-formule nie: „Boy meets girl; boy chases girl; girl catches boy. Happy ending.” Daar is veel meer beweging, sielsbeweging. Die agtergrond waarvoor dit afspeel, die newedaarstellers en húlle idees en vrae meng saam om 'n aanhoudende ruil tussen helder en donker, swaar en lig, vrolik en treurig te bring. En jy kan nie altyd weet wat as volgende gaan gebeur nie.

    Heerlik! Goed en graag vier sterre.

.

Ek kan nie Hebreeus nie, maar hier is 'n paar vertalings uit die israelse pers wat ek gevind het.

In die hoogaangesiene hebreeuse filmblog Motke: „Die ontdekkingsreis van 'n jong Duitse na Israel, wat 'n rypingsproses begin, boeiend en humorvol geskilder..., sensitief, grapperig en inteligent. ...Slotsom vir die publiek: u Moet Hanna beslis op haar reis begelei.”

Uri Klein in Haaretz: „As dit nie 'n speelfilm van 100 minute was nie, en as die hooffiguur nie 'n nie-Jodin was nie, sou „Hanna se Reis”  'n film van die duitse regisseurin Julia von Heinz  slegs een van daardie zionistiese infomercials wees, waarin Jode uit die hele wêreld hulle beleefnisse beskryf wanneer hulle na Israel kom. Die film het ongeveer soveel diepgang soos sulke filmpies en wat hy polities voorhet is eweso lomp.”

    Daar kán aldus nie net één mening wees nie!


©.2014..................................................◄]:o(...||...(o;Þ...............................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hannah se reis
dankie toom altyd goed om jou reseksensies te lees
4 jaar 11 maande 2 dae 12 ure oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar