Resensies

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Een van die belangrkste vrouens van die afgelope tyd, Hannah Arendt, („die betekenis­volste verteenwoordigerin van die politiese teorie van die twintigste eeu” B. Helbig) is in 1906 in Hannover gebore. Sy het in Marburg by Prof. Martin Heidegger studeer en hy het haar „geleer om te dink”, soos sy self verklaar het. Hy het geleer dat om te dink dít is wat die mens uitmaak, en hierdie les het haar bygebly haar lewe lank. En so het sy hom in haar gedagtenis haar lewe lank hooggehou, nadat hul liefdesverhouding verby was, nadat sy as Jodin uit Duitsland moes vlug, nadat hy lid van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeiderparty geword het.

[HANNAH ARENDT; Regie: Margarethe von Trotta; draaiboek: Margarethe von Trotta en Pam Katz; kamera: Caroline Champetier; met Barbara Sukowa, Julia Jentsch, Ulrich Noethen, Janet McTeer, Axel Milberg, Michael Degen; D.; 2013]

Jare na haar vlug uit Duitsland bevind Hannah Arendt haar as joernalis en dosent vir Filisofie in Nieu York. Tydens en na die oorlog het sy probeer om uit te vind waar die bose in die mens vandaan kom. Hierdie studie het sy aan die universiteit voortgesit. In 1961 word sy uitgenooi om vir die „NEW YORKER”-weekblad uit Israel te berig oor die hofsaak  waarin Adolf Eichmann aangekla is weens die moord op miljoene Jode in die konsentrasiekampe. Hy was verantwoordelik vir die logistiek om elke Jood soontoe te bring waar hy vergas sou word.
   Dit was 'n misdaad van so 'n aard en grote dat dit in geen wetsboek opgeteken kon gewees het nie. 'n Nuwigheid. En die Israelse aanklaers het plomp en ongeskik aan die werk gegaan, soos Arendt dit sien: Hulle het dit tot 'n „skouproses”, vergelykbaar met dié van die Kommuniste, degradeer, meen sy.
   Wat by die mense die meeste weersin gewek het, was haar bewering dat Eichmann nie ‘n „bose monster” was nie, maar 'n klein mannetjie wat nie self gedink het, nie kón dink nie, ‘n „Hanswurst”. Hulle het gemeen, sy probeer om Eichmann se verantwoordelikheid te verkleineer. Hy het voortdurend gepleit dat nie die Jode omgebring het nie, en dat taak was om te verseker dat die treine betyds hulle bestemming bereik. Dat hy slegs bevele uitgevoer het. Haar teenstaanders het beweer dat sy deur die Nazi-propaganda en Eichmann se toneelspel mislei is. Maar haar dryfveer was om die krag te ondersoek wat binne-in die kritiese denke leef in vergelyking met die verontmenslikking deur 'n „anonieme sisteem”.

Hierdie is ‘n film oor dink en denke, oor filosofie en filosofeer. Die liefde tussen ‘n jong studentin en haar getroude professor word aangedui, meer nie. Ook die liefde tussen haar en haar man, wat haar bedrieg het. Aangespreek, meer nie. Maar daarom handel die verhaal nie. ‘n Storie oor filosowe gaan om wat en hoe hulle dínk. Trotta/Katz het dié episode in haar biografie, op ‘n sleuteltydstip in haar ontwikkeling waar sy oor die Eichmann-geding in Israel berig en haar gevolgtrekkings daaruit, uitgekies om hierdie vrou te skilder, hierdie vrou wat onverbiddelik haar doel nastreef.
   Haar ondersoekings onder die totalitêre stelsels, veral die Nasionaal-Sosialisme, het vir haar aan die lig gebring dat die werklik bose mense deurgaans kleinburgerlikes was („mense soos ek en jy” sê ons mos) wat 'n stelsel gedien het sonder om daaroor na te dink of dit regtens was of nie. Aldus het sy Eichmann as Hanswors aangesien, as karikatuur van 'n beampte, as rad in 'n masjien, as verontmenslik, banaal.
    Die film bestaan uit 'n interessante mengsel van Engelse gesproke taal met Duitse ondertitels en dan weer Duits. In die engelse bioskope sal dit omgekeerd wees: Sy het in Amerika gewoon en gewerk, en het 'n groot kring van Duitse vriende om haar gehad. Uit hulle gesprekke word die standpunte duidelik wat verskillende mense verteenwoordig. Die inblend van TV-tonele uit die geskiedkundige verhoor van 1961 bring ons die geur en gees van die tyd en omstandighede nader. En dit ontbeer nie dramatiese tonele nie. Die woede van die mense wat nóg haar artikels, nóg haar boek gelees het, die mense wat haar lewe bedreig het, die „gawe meneer op die tiende verdieping” wat 'n briefie stuur met die boodskap „Nazihure”. Haar rede voor haar studente, so aan die einde van die film, waar sy haar standpunt verduidelik  en verdedig.
   Dit alles laat mens dink: „En hoe lyk dit vandag?”

Is die toestande deesdae nie ewe bedrukkend nie, waar 'n stelsel op ons afgedruk word wat lankal sy egte, diepe wortels kwytgeraak het, waar die betekenis van demokrasie baie na aan George Orwell se „Animal Farm” gesetel is: „Alle diere is gelyk, slegs sommiges is gelyker as ander.” Waar die (finansie-)mark hom sélf  sal (of sou moet) reguleer – en waar die (Europese) belasting­betalers die bankrotte (Amerikaanse) banke moet red. Waar daar nie een dekade is nie sedert die tweede wêreldoorlog waarin die leier onder die moderne demokrasies nie in 'n bloedige (aanvals-)oorlog verwikkel was nie. Slegs nie op eie grond en bodem in Noord-Amerika nie! Waar 'n (afgetrede) Pous en die Engelse koningin aangekla en skuldig bevind is aan volkermoord onder Indiaanse meisies  --  ook om die selfde tyd, in 1964 -- in Kanada.

Margarethe von Trotta het al 'n reeks filme met Barbara Sukowa oor groot vrouens in die geskiedenis gedraai, en hierdie een sluit aan. Dit dui aan dat 'n effektiewe teengif teen „die banaliteit van die bose” die eie, selfstandige denke is. Soos Björn Helbig in die internettydskrif „Zeit-online” treffend sê: „Hierdie besef of insig word nie vir die toeskouer in sy skoot gelê nie. Hy moet self werk om dit te verkry.” Niks vir sussies of slappies nie.
   Op die ou end is dit soos 'n filosofie-les vir nie-studerendes – vir ons normale mense by die huis. Veel beter aangebied as die „Reader’s Digest” dit kan.
   Op hierdie vlak: Vier sterre.

[NS.:  Lees gerus my resensie van ,Die verborge gesig' om te sien hoe die Bose te werk gaan. Asook van ,Philomena' vir iets oor die pous en die koningin.]


©.2013........................................c]:o(٤..xxÖxx..(o;[>.................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Lucas

    deur Karlien van der Merwe

    Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar