Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek begeer dit solank ek kan onthou
om in daardie gogga bo in die lug
ook heen en weer rond te glip
Maar dis duur,daar is soveel ander
belangriker dinge as om R450 op
12 minute te lekker te spandeer.
Maar tyd loop uit en my lysie
'to do before I go' word groot !
Uiteindelik,verlede week,gryp
ek die geleentheid en bespreek
sommer daar en dan en binne 'n uur
staan ek op Mosselbaai se lughawe
en kyk na die kleine pieperige ding.
Is dit nou die wysde ding wat ek
nou doen ?miskien iets anders
sou dalk intelligenter wees.
Maar klaar betaal,saam met twee
ander tannies net so stout,
skerts ons soos kinders en
sukkel om ons groot lywe in die
kleine ding in te wurm.
Skielik is ons in die lug
ongelooflik mooi,val die
aarde skielik weg,alles
word onwerklik,die see,
Seal Island,Hartenbos en
voor ek die lekker nog kan
verwerk is ons alweer oppad.
Dit was ongelooflik mooi
en een van die vinnigste
maniere om soveel geld
te spandeer.Sal ek weer?
Ek sien dit verskyn weer
op my lysie,maar ek kan sweer
ek was al daa ! De ja vie'



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar