Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos ons in Matheus 14 lees, waar Jesus die skare gevoed het met vyf broodjies en met twee vissies... Kom die vraag by ‘n mens op... Het ek twee vissies, vyf broodjies om ander te voed? Vir baié sal hierdie vraag ‘n ongemalike gevoel in die gees voortbring. Want dit sal voorspruit – waar is my verhouding tans met God?

‘n Mens is maar eenmaal ‘n wese wat sy eie belang soek. Jy en ek sal die vraag met versigtigheid beantwoord - ‘’Het ons rerig die vrymoedigheid om ‘’my’’ vyf broodjies en twee vissies met iemand anders te gedeel - terwyl ons soms ook moeilike dae het?’’

Ons vyf broodjies, twee vissies is wel ons lewensmiddelle waarvolgens ons leef. Drome en ideale wat ons koester, word gevorm uit ons Geregtheid in wat ons glo, ons Menslikheid teenoor ons medemens, ons Gehoorsaamheid ten opsigte van ons eie besluite, ons Diensbaarheid teenoor dié wat hulp nodig het, en ons Vreugde van suksesse. Daarom is Liefde die belangrikste bousteen wie jy werklik is. Soos die seuntjie sy twee vissies en vyf broodjies vir Jesus gegee het om die skare te voed. So moet ons, ons lewens aan Jesus oorgee en ons talente aan Sy koninkryk spandeer. Ja, ons moet die Evangelie verkondig op watter manier ookal. Dit beteken dat ons diensbaar sal wees om ander te help. Om HOOP uit te spreek, met ‘n doelgerigte boodskap van liefde, word daar by ons ‘n ander mens ontdek. Op die geestelike gebied, word hierdie ontdekking verander – deur jou ervaringe van die werklike liefde wat jy beleef.

“Ek is ‘n Christen”, word dan ‘n leefwyse waarvolgens ons kan leef. Vrygekoop deur die Bloed van Jesus. Vrygespreek deur die Genade van God. Dus, wanneer ons vissies en broodjies opoffer vir ‘n groter doel, dan kan ons waarlik vrywees van die wêreldse beskouinge. Want daar is ‘n groter bewysheid van die teenwoordigheid van die drie-eenheid God by die mens.

Om deesdae ‘n Christen te wees vat moed en doelgerigte geloof, want die wêreld verag die Christene en verkondig sy eie godsdienste volgens verskeie geloofs style. As ons rondom ons rondkyk – sien ons die verval van hierdie wêreld orde – die globale verwarming is net een van die onvermoëns van die mense ras in die heel om die aarde instand te hou. Die mensdom verbruik en misbruik die aarde vir eie gewin.

Die oorsprong van die aarde word met wetenskaplike stelle geformuleer, terwyl die Bybel alles uiteensit. Die ongeloof van die mensdom is die grootste probleem tot volhoubare aarde. Die natuur wys die mens se hoogmoed uit deur sy almag. Oorvloede, aardbewegings en weerverskynsels wat buite die mens se beheer is, terwyl God net ‘n woord kan spreek en die elemente luister.

As Jesus voor jou staan en vra ... “Wat het jy om te gee?’’ Sal jy onwillekeurige na jou broeksakke gryp of sal jy Sy gesag erken en jou onvoowaardelik oorgee?
“Here, hier is ek, gebruik my soos U Wil.”

Dié twee vissies en vyf broodjies is nie fisies nie, maar die elemente waarvolgens jy leef – naamlik – Liefde en Hoop {die vissies} en die broodjies is jou Geregtheid, jou Menslikheid, jou Diensbaarheid, jou Gehoorsaamheid en jou Vreugde. As ons, ons lewens gaan meet hoe ons leef, sal ons hierdie boustene gewaar. Dit is die emosioenele en geestelike strukture waarvolgens elke mens leef. Die “raamwerk van die lewe’’ Soos hulle in Engels sal sê “The essence of life...’’

Elke mens het twee vissies, vyf broodjies, party het roekeloos omgegaan met die elemente, maar waar Jesus in die mens se lewe betrokke is, kan Hy elke element gebruik en vermeerder tot die eer van Sy Koninkryk.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

2 vissies en 5 broodjies
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
1 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar