Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So met die gejuig van my vriend, sien ek haar toe ook raak. Uiteindelik was sy daar en sou dit beslis beteken dat ons binnekort sou kon deel aan die pragklanke van haar kitaar en stem. Ons was sommer diep opgewonde en bevoorreg toe ons die uitnodiging ontvang het om deel te wees van Hilandi du Toit se verjaarsdagkonsert.

Mense, as jul nog nie van hierdie meisie weet nie, moet jul nou onmiddellik ‘n plan maak en meer oor haar uitvind en haar cd aanskaf. Jy sal werklik nie spyt wees nie. Jy kan haar opspoor http://www.facebook.com/hilandi?ref=sgm

YouTube :
http://www.youtube.com/watch?v=0saNyAkXo6g
http://www.youtube.com/watch?v=U4fzDoOPgw4
http://www.youtube.com/watch?v=bi2fNeI0pgk
http://www.youtube.com/watch?v=VzXY-Pq4J1Q
http://www.youtube.com/watch?v=k-m8pLcfaJE

asook op Facebook saam met haar groep CONF8 : http://www.facebook.com/hilandi?ref=sgm#/pages/CONF8/197735458928?ref=ts

en op my website
http://delenedewet.webs.com/artistsisupport.htm

Maar vanaand was effens anders. Behalwe dat sy verjaar en sowaar haar kuns met ons wou deel as deel van die feesvieringe, is dit ook die eerste keer dat ons haar saam met haar nuwe groep CONF8 sien optree. Ons het nie geweet wat om te verwag nie, en sou ons het, sou jy verseker steeds nie die trane uit my oë kon hou nie.

Dit was duidelik dat sy meer as ooit tevore diep in haar element was. Haar oë het geskitter, en die glimlag was breed en haar giggels en skrougeluidjies soos die intro van die liedjie speel, het my gewys dat hierdie kunstenaar genade mildelik ontvang.

Ongelooflik! Die vertrek was onmiddellik verplaas in ‘n hoër dimensie, amper soos ‘n Franse caberet vertoningslokaal met warm ligte en klanke wat op die haartjies van jou arms tergend ronddans. Elektries! Ek was tuis, soveel so dat ek sommer aan die gil raak soos ‘n wafferse cowgirl en verspot my hande klap. Ek was terug in die Kaap…. en dit was lekker.

So baie kere tevore het ek haar cd geluister, en ek ken ook al die woorde om saam te kan sing. Maar vanaand was elkeen van haar liedjies vars getik met nuwe lewe en bruisende klanke. Met die wegtrekslag het die hele groep stelselmatig ‘n deuntjie met hul eie instrument gespeel. Andre Jansen van Vuuren (trekklavier), Sean Johannes (baskitaar), JP Crouch (dromme) en Marelize de Beurs (viool) het die pad oopgeklits vir Hilandi wat uiteindelik begin saam speel het, die klanke opbouend, elektries en meesleurend. Die sweet wat op haar voorkop pêrel en die sterre in haar oë was vanaand vir my ‘n toonbeeld van hoeveel sy haarself geniet, en ook… hoekom ek so baie van musiek hou. Dis hoekom ek van die Kaap hou!

Haar ‘Spore langsaan my’ het nog nooit so vol en ryk geklink nie, en hierdie liedjie mag maar, mense. Ek het werklik nie gedink hierdie vrou se liedjies kan enigsins dieper en voller betekenis openbaar nie, maar hier het hul my nou toe vanaand gevange gehou… bevange en verslaafd.

Ag mense, elke liedjie was besonders nuut en vars, ryker en meer intens, maar sowaar, toe Marelize lostrek met ‘n tango op haar pragviool saam met die trekklavier, was my hartslag in my keel. Ek het geweet hier kom groot dinge en het haar plan vooruit gesien, maar niks sou my kon voorberei wat vir ons gewag het nie. Teen die tyd toe hul oorslaan na die oorspronklike ‘Liedjie in my kamer’ en die tango intro insmelt in die lied, het my ore gesuis van die oproer en die vertrek amper almal op hul voete!

Asof die hele vertrek skielik leeg raak, was die gejuig meteens stom toe die lig net op haar en haar kitaar val, waar sy in die middel van die vloer, intens haar pragballade ‘Skryf vir my ‘n brief’ alleen sing. Golwinge van emosie het in my gemoed gebrand en ja, ek moet erken, die trane het geloop… baie trane. Haar kenmerklike ryk stem en die eggo van die klank het my geen keuse gelaat as om elke klank te absorbeer nie. Dit het gevoel soos ‘n dwelm waarvan ek nie genoeg kan kry nie…

Natuurlik was die algehele atmosfeer in die vertrek alweer heeltemal anders toe hul wegspring met liedjies soos ‘Lucky’, ‘Colour’ en die borge se liedjie ‘Beyerskloof’. Daar was seker nie ’n voet stil onder daardie tafels met die sing van ‘Be with you back home’ en ‘Reisgenoot’ nie. Laasgenoemde is werklik ‘n “catchy tune”, soos die Engels dit sou beskryf. Ek verwag groot dinge vir hierdie snit. ‘Bruin Man’ was ‘n lied wat ieder geniet het en aan die dink gekry het, veral by die treffende ‘en Sondag sit hy langs jou in die kerk..’ Die skare was egter luiddrugtig en op hul voete toe Hilandi ewe kordaat haar donkerbril opsit en begin met ‘Jy’s af!’. Die opwinding in die vertrek was aan die brand!

Haar ballades was soos gewoonlik verruklik en asemsnak mooi, maar ek het sowaar al baie mense gehoor ‘Lisa se Klavier’ sing, en ek kan my kop op ‘n blok sit dat Hilandi se weergawe soos ‘n lafenis vir my siel was. Nog nooit het hierdie lied my so intens aangeraak soos vanaand nie. (Die klankspan het hul ook sowaar uitstekend van hul taak gekwyt!)

Hilandi, veels geluk, talentvolle mens! Mag jou 30ste jaar vir jou deure oopmaak en jy elke oggend van jou lewe die ryke genade oor jou voel uitstort tot jou toontjies omkrul. Ons is trots om hierdie wonderlike gawe met jou te kan deel. Dankie vir die voorreg om jou verjaarsdag op hierdie besonderse manier te kon beleef.

‘die handskrif van jou stem…’ – soos net jy kan…

© Delene de Wet
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar