Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Pole 1962: Die novietin, die aspirant-non Anna, is agtien en wil haar geloofde aflê en in die kerk opgeneem word, en die abtesse roep haar in haar kantoor. Sy word aangesê om haar tante te besoek vóór hulle haar opneem. Anna die weeskind, is as babatjie in die klooster afgegee, het agtien jare agter die kloostermure geleef en weet niks van die buitewêreld af nie. Sy het geleer om te gehoorsaam, en sy verlaat die veiligheid van die kerkperseel slegs omdat die hoogste suster haar dit gesê het. Daar stap sy haar toekoms in deur die sneeu in die harde, koue wêreld van marxistiese Pole.

.

    [IDA (2014); regie: Pawel Pawlikowski (en draaiboek met Rebecca Lenkiewicz); spelers:
    Agata Kuleska, Agata Trzebuchowska, Dawid Ogrodnik, Jerzy Trela; s/w, 4:3-formaat;
    Pole / Denemark: alle ouderdomme.]

.

'n Middeljarige vrou met 'n harde gesig en sigaret in die mond antwoord haar klop aan die deur. Sy sê „Ek is Anna, jou niggie.” „Ek weet, kom binne.” Daar vertel haar tante Wanda haar dat sy Jodin is, en dat haar naam Ida Lebenstein is. Sy wys haar 'n foto van 'n vrou met baba op haar arm. „Dis jy en jou ma.” Dan vra sy of hulle haar vertel het wat sy, Wanda, doen. Nee? Wel sy kan haar nie hier in haar woning hê nie. „So, dit was die groot familiesaamkoms, nou moet jy loop.” Maar voor Wanda op die trein klim, keer sy haar voor en bring haar tog huistoe om haar iets te vertel oor haar agtergrond.  „Ek het my sussie liefgehad; jy lyk baie soos jou ma.”

    Ida wil haar ouers se graf op haar geboortsdorp besoek. „Ek bring jou met my kar soontoe.” Soos oral in Europa het die vergeterigheid oor die destydse Jode in die omgewing uitgebreek, en hulle moet oral vra, maar die rokende hard-drinkende tante is 'n resolute mens, en byt deur. Dit skyn dat sy 'n regterin is. „Ek het al die doodsvonnis uitgespreek.” 'n Ou man, Szymon (sê Sjimon) het haar ouers opgeneem en ter beskerming in die woud versteek. Hulle vind haar ouers se huis, maar Szymon is al oud en lê in die hospitaal en kan nie reg praat nie. „Sê die waarheid, ek weet wanneer iemand lieg.” Saans by die huis klop dit aan die deur. „Los my pa uit. Ek wys julle waar hulle begrawe is...”

.

Pawlikowski geld as britse(!) independent-filmer en het naam gemaak, gekenteken deur „'n eie poëtiese stil en handskrif”. Híér nader hy sy poolse geboortsland en sy eie wortels met 'n mengelmoes uit katolisisme, kommunisme en antisemitsme wat deurmekaar, inmekaar en ommekaar woel en weef in sagte grys tone tussen die swart en die wit. Hy vertel langsaam, bedagsaam, met onderbrekings om te oorlê. („Hoe sal ek nou sê?” sê die oom by die kampvuur mos, en trek aan sy pyp.)

    'n „Goue reël” van die filmkuns is dat die gemiddelde skoot ses sekondes lank is; daar mag enkele blitse van twee tot drie sekondes en lange (vyftien tot dertig sekondes) panorama-skote wees, maar, as die filmlengte deur die aantal skote gedeel word, moet ongeveer ses sekondes uitkom. Maar hierdie film het instellings van meer as 'n minuut, waar 'n karakter roerloos nadenkend, besonne, peinsend  ook liefderyk glimlaggend  aan die kamera verbykyk.

    En die kamera maak nie wye panorama-scans nie. Dis 'n statiese kamera waarin die hele toneel afspeel, links, regs, bo, onder en terug. As voorbeeld: Anna/Ida moet êrens oornag en kom na die kerk. Die toneel: 'n gang met die oop deur agter, die muur regs bestaan uit die houtdeure van klerekaste en rakke vir boeke of wasgoed of soiets, links 'n paar vensters. Die priester en die noviet gesels terwyl hy 'n klapbed vir haar oopvou en neersit. Sy hou die komberse en kussing teen haar gedruk. As hy klaar is, stap hy by die deur daaragter uit en sluit dit toe. Hulle koppe was omtrent by die boonste rand van die prent. Nou gaan sit sy op die kant van die bed, en haar kop is hier onder links. Geen kamerabeweging nie in 'n sekwensie wat seker minstens drie minute geduur het.

    Dis die styl van die ou, ou flieks in die swart/wit-stomfilmtyd toe hulle nog nie bewegende kameras en zoom gehad het nie. Maar dis nie vervelerig nie: Dit wat gesê (of gedoen) word, is so belangrik dat mens nie vra „Wanneer gaan die storie voort” nie, maar „Wat beteken dit, wat hulle doen?”. Of, as dit so 'n lang peinsskoot was „Wat dink sy, beleef sy, hoe sou dit wees as ék in die penarie was?”. Die toeskouer word meegesleep; hy klim in die silwerdoek in en neem daaraan deel.

    'n Hartlik vervrissende „vernuwing” in die filmkuns wat deesdae so blitssnel verbyskiet, met allerhand SFX en soveel Dolby-surround dat mens gedurig vra, „Hoe het hulle dít reggekry? Waar kom hy/sy/dit vandaan? En waar is die ander een skielik heen?...” en daardeur min van die storie begryp.

.

Hierdie film het al by minstens ses filmfeeste toekennings gehaal; by die „Europese” en 'n poolse, vier elk. Met reg.

    Graag drie tot vier sterre.

©.2015..................................................◄]:o(...|****|...(o;Þ............................................................tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar