Resensies

Titel: Inception

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie is seker een van die beste aksie/wetenskapsfiksie-flieks wat in jare vervaardig is. Dit handel oor ‘n toekoms waarin die tegnologie bestaan wat ander in staat stel om geheime in mense se drome te gaan opdelf. Regisseur Chrisopher Nolan, (sy laaste projek was Dark Knight), is nog baie jonk, maar hy het ‘n duidelike visie van dit wat hy wil vermag. Dit help nogal wanneer ‘n mens ander moet vermaak. Die fliek is visueel ongelooflik goed en intelligent, hoewel van die karakters hier en daar ietwat onderontwikkel is. Leonardo DiCaprio vertolk die hoofrol. Noudat hy ‘n bietjie ouer is, is hy glad nie onaansienlik nie - en sy spel is uitstekend. Gaan kyk gerus hierna, dit is heerlike vermaak. Indien jy egter die IK van ‘n brood het, bly weg want jy gaan niks verstaan nie.



Kommentaar

Weergawe: 1 | 1 jaar 6 maande 1 week 6 dae 3 ure 36 minute gelede gelewer


Ja, ek is nou oortuig om dit te gaan kyk. As Leo weer begin speel soos in Gilbert Grape gaan hy nog 'n grote word.


Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar