Resensies

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek stel dit kategories dat ek geensins partydig of bevooroordeeld teenoor enige van ons pragtige Kunstenaars op Woes is nie. Een en almal se werke is van uitstaande gehalte.
Ek wil maar net ’n storie vertel en gebruik heel toevallig hierdie pragstuk van Ita as tema.
Die Kunstenaar bedoel een ding. Die kyker sien ’n ander.
Die Kunstenaar se mondstuk is kleur, want kleur het woorde. En dit is presies net hier waar die besprekings punt inkom. Veral by mans, sien en ervaar geen twee mense skakerings van kleur dieselfde nie.

Met die eerste sien van die water het my gedagte terug gevlieg na jare gelede tydens ’n kort studie in die Bedryf Sielkunde oor gevare in die werksplek en die gebruik van kleur om dit uit te lig.
Vir elke student is die vraag gevrae: “Wat sien jy?”
Vir my is daar ’n boodskap in die kleur van die water. Ek sien die skakering van geelgroen /groengeel.
Onmiddellik ontstaan beide emosies van bewondering vir die skoonheid van die Natuur en ook die skrikwekkende , uitlokkende gevaar wat in die skuimende branders lê en die dramatiese verhaal rondom Ingrid Jonker en andere wat nie hierdie magnetiese aantrekking kon weerstaan nie.

In die Industrie word geel aangewend as ‘pasop’, bly weg. Onbewustelik sal jy verhoed om op of oor die geel streep te trap, ook waarom dit die sperstreep langs paaie is.

Ligte kleure bring maklik beredenering na vore weens die verskillende vertolking. Hierdie kan gesien word as uitdagende gedrag van die hedendaagse Kunstenaar teenoor die meer besadigde, neutrale gedrag van die ou Meesters soos Rembrandt en Kie met hulle donker, somber pastel aanwending wat ook doeltreffend gewerk het in die skepping van misterie en die dramatiese.
In die algemeen word rooi vermy omrede die skrikwekkende boodskap wat dit uitbring. Rooi werk effektief by gevaarlike- masjiene en omstandighede as afskrik kleur.

Vir my is Ita se uitbeelding van die rotse toneel inspirasie vir ’n mooie verhaal want ek sien die wuiwende hand van die skone seenimf wat my nooi na haar dodelik romantiese feëtjie bestaan.

Willie F van Tonder
2012/07/14



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ita
subjetiwiteit
Baie dankie Willie eerstens omdat ek jou tema kon vergestalt met my kuns, en tweedens vir jou magiese uitleg van kleuresimboliek!As kunstenaar was die komposisie dalk met intelek gedoen maar die kleure het uit my hart en siel gekom van wat ek visualiseer.Geel voor in 'n seetoneel gee warmte en bring die konkrete nader na die kyker,en dan al jou mooi uitleg oor die simboliek ,ondersteun wat ek wou vaslê so mooi! En kleurwaarneming is subjektief...nooit geweet hoe my seun 'n reënboog waarneem nie,totdat ek onlangs uitgevind het hy is kleurblind en sien nie die prisma van violetblou bo en rooi onder nie...hy sien die groene en gele en vir hom is die reënboog mooi,sonder besef van wat hy eintlik nie sien nie!Jou besprekening van riskante rooi laat my onmiddellik dink aan "The Spear" en na al die polemiek is rooi nou vermeng met swart...visueel en simbolies meer drama! En baie dankie ooi Corina en KK
7 jaar 2 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Interessant!
Haar prent is vir my plein net pragtig.
7 jaar 2 maande 1 week 1 dag 11 ure oud


Interessant
Jou ontleding is interessant ... ek moet se dat dieselfde kleur my ook dadelik getrek het en toe effe skrikkerig gemaak het, as mens dit so kan stel. Dis asof iets mens lok, maar jy weet dis gevaarlik en vol misterie.
7 jaar 2 maande 1 week 1 dag 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die Lied van Lorelei

    deur Rachelle du Bois

    Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar