Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die ongelyke tweelinge, Sofie en Daantje, so om die dertig jare oud, woon by hul homoseksuele vaders, tot eendag 'n oproep kom dat hul moeder met 'n gebreekte been in 'n hospitaal opgeneem is. In Amerika. Die hospitaal vra dat iemand op haar kom oppas. Daan, die jongere, is vuur en vlam vir 'n nuwe awontuur, maar Sofie, tien minute ouer, is bietjie versigtig. Die vaders en suster oorreed haar dog en die twee vlieg af om, wat Sofie veragtelik hul „gebaarmoeder” noem, te gaan besoek.

     Dis nou so: Die vaders wou dog familie hê, en het 'n leenmoeder vir 'n kunsbevrugting gevind, wat onmiddellik na die geboort rigting Amerika verdwyn het.

.

[  „JACKIE (internasionale filmtitel), wer braucht schon eine Mutter?”(duitse byvoeging) Regie: Antoinette Beumer; daarstellers: Carice van Houten, Jelka van Houten, Holly Hunter, ea.; 98 Minute; Nederlande/USA 2012; ab 12  ]

.

Jackie self is glad nie daarop versot om hierdie biologiese ballas op te laai hie. Maar daar is 'n bed vry in 'n Rehab-senter vyf-honderd myl ver. Om haar daarheen te bring, ry hulle deur Nieu Mexiko met haar ou woonmobiel: 'n Roadmovie. Hulle is drie heeltemal verskillende persoonlikhede: Sofie [Carice van Houten] is slank met pikswart haar, slim en, as joernalis wat in haar beroep bo wil uitkom, eersugtig en selfsentreerd; van die twee is sy die leier. Daan [Jelka van Houten] helderblond, met 'n mooi figuur inkluis lippe, is eerder 'n lewenslustige, heupeswaaiende danstipe; sy word aangesien as die blondetjie wat niks kan doen nie („Daantje”). Jackie [Holly Hunter] is 'n uitgedorde vrou met min woorde, 'n pioniers­vrou wat nie bang is om aan te pak nie, gelyktydig 'n moderne vrou wat verbete haar eie hard­nekkige weg inslaan. Die drie moet leer om met mekaar klaar te kom, én hulself te vind: 'n Vrouefilm, 'n psigodrama. Dit gaan ook om familie en die bedurfnis na familie.
Die karakters wat aanvanklik soos uit hout gesnede figure lyk, neem lewe aan en ontwikkel, elkeen op haar eie aard en manier voor ons oë.

.

Weg van die verhoog én tegnies is dit 'n bemerkenswaardige film: Carice en Jelka van Houten is inderdaad susters, nie tweelinge nie, maar twee jare uitmekaar, hoewel hulle totaal verskillend lyk. (rigens Carice lyk verbluffend soos Tamara van den Dop: Lydia Veenema in „Missing Link”, 'n Belgies-Nederlandse film van 1999. Is dit toeval, kan hulle verwand wees, is dit 'n tipiese nederlanse gesig, figuur, houding? Snaaks.)

      Daarvan afgesien, is dit weereens 'n meertalige film, en dis interessant hoe die meisies met mekaar Nederlands (hier: Duits) praat en met die Amerikaners Engels, waarby subtitels by die engelse dialoog verskyn.

     Om op te som: Onder die sorgsame leiding van die regiseuse, Antoinette Beumer, met die fynvoelige spel van aldrie hoof­daarstellers, waarby die dramatiese en komiese mekaar opweeg, ontstaan 'n boeiende, beroerende film. Iemand het gepraat van 'n rou-liefwaardige eerlikheid wat man selde in die bioskoop beleef. Daar stem ek saam.

     Ek mag nie net vier en vyf sterre uitdeel nie, maar wat kan ek doen as die produkte wat ek te sien kry dit verdien? Die fliek het al 'n paar uitkennings, bv. in Toronto, gekry. Dis tog die uitverkore „Wêreldfilms” van ons „Weltfilmklub” wat slegs die beste wat húlle onder oë kom, aanbied.

     Aldus vyf sterre

©.2014...................................................◄]:o(...||...(o;Þ.............................................................tje





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dankie
Dankie Toom ek hou nogal van jou kommentaar op die films
5 jaar 5 maande 4 dae 21 ure oud



Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar