Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die fliek uit die pen van Deon Meyer spog met bekende sterre soos Theuns Jordaan, Elizma Theron en Neil Sandilands. Die storielyn is voorspelbaar, maar daar is baie wat opmaak daarvoor. Landman (Theuns Jordaan) voer ‘n kluisenaar bestaan in ‘n klein dorpie. Mara Malan (Elizma Theron) is die nuutste inwoner en onderwyserres in die dorpie saam haar klein dogtertjie Mia (Janke Bruwer). Mara verneem dat die skool moet sluit weens ‘n geldelike tekort en neem dit op haar skouers om die skool te red. Mai probeer tussen op haar kinderlike manier om Landman so ver te kry om weer mens te wees. Die einde is heel voorspelbaar maar steeds vermaaklik. Wat die fliek so kykbaar maak is die gebruik van by-spelers uit die plaaslike gemeenskap wat hul baie goed van hul taak gekwyt het. Janke Bruwer (Mai Malan) lewer ‘n baie natuurlike spel as die dogtertjie van Mara Malan. Ander sterre in die rolprent is Christina Storm wat ook puik spel lewer as Venessa, die meisie van LeFleur (Neil Sandilands). Gaan kyk gerus. Dis goeie vermaak. My punt 7/10.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankiel. Kan nie wag om die fliek te gaan sien nie, soek nog na vriendin/vriend wat wil saam..
9 jaar 4 maande 1 week 5 dae 12 ure oud


Ek het dit gesien en dink ook dis vreeslik oulik gewees. Ek stem saam met alles wat jy sê. Perfek opgesom.
9 jaar 5 maande 5 dae 13 ure oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar