Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kyk so rond op die werf vanaand, en merk op hoeveel daar al geskryf is in die Vermaak afdeling, en is teleurgestel in myself dat ek nog nie hierdie lied geuiter het nie! Wil julle graag vertel van ‘n dame wat al diep in ons harte ingeboenner het. ‘n Sangeres, ‘n juweel, ‘n pragstukwerk van ‘n mens met gees en wat ‘n Afrikaanse diamant is! Ek glo dat julle almal al die naam gehoor het, en ek hoop dat daar menigte is wat reeds al aan haar lippe hang. Ja, ek praat van Jennifer Zamudio.

Die Liewe Vader het die “mould” gebreek toe Hy vir Jennifer gemaak het en sy het haar eerste asemteug gevat op Gansbaai in die Overberg op die 15de Januarie. Op Velddrif het sy mens geword, die mens wat ons leer liefkry het. Hoe som ek in ‘n paar woorde vir Jennifer op? Sjoe, is daar so ‘n woord of twee? Die engelse “exciting” kom in my gedagtes op, borrelend, lewenslustig, aanhouer, talentvol, sprankelend, lewenslustig…ag, kom aan, FANTASTIES! En nee, al sou ek haar nooit ontmoet het nie, sou ek haar beslis in die musiekmark opgeraap het.

Julle moet haar ervaar, dis al wat ek kan sê. Daar was nog nooit iemand wat ek haar aan voorgestel het, wat nie onmiddellik smoorverlief op haar talent en haar as mens was nie. Sy is musiek wat bons, Afrikaans wat “rock!” met ‘n skop. Jy sal by haar konserte instap en die beste verwag, en nogsteeds uitloop met ‘n opnuute (is dit die korrekte spelling?) verrassing en opgewondenheid. Jy het jouself belowe, “vanaand koop ek nie nog ‘n cd van haar nie, ek het al almal, en as jy in die kar kom, merk jy jy het vir Pietie of Sannie ook maar een of 6 gekoop, want jy bars uit jou nate om haar talent met ander ook te deel. En jy is tevrede. Dis reg so.
Jy kan nie anders om haar musiek oor en oor te luister nie. Haal albums rol een vir een deur jou hi-fi. Ballades met haar klokhelderstem, haar liefdesliedjies, een mooier as die ander – die soort wat jou sommerso aan die murg beetkry en jou hartslag vinniger laat bons. En dan ook natuurlik, haar voetejeuk-skopskiet, op en wakker, loslitlekker vinnige nommers. Glo my, jy KAN nie stilsit nie, al wil jy. Sy het vuur ingeblaas in ‘n ou treffers soos Liefling van Ge Korsten en Crazy van Willie Nelson / Patsy Cline, dat jou hare rys! Ou gunstelinge het sy geneem en haar eie Afrikaanse stempel opgesit met haar nuutste album, wat glo my, jou uit jou stoel sal ruk en jou rugwerwels uit hulle nate laat hop. Maar jy moet haar eie goed beleef. Haar nuwe album is betrek met hul. Liedjies soos Hoenervoet se girl, Kapityt, Ek sal vir jou, Droom jou mooi drome, Ney na na,.. (ag daar is so baie) verryk jou siel met klanke en ritme wat jy vroeërjare net nêrens kon kry nie. Haar skryftalent blom sowaar, en ek hoop daar gaan nog baie baie wees!

Hierdie is ‘n sangeres met diep menswees, daardie soort wat onmiddellik, wat jou binne die eerste 5min van haar opvoering binne in haar handpalm gryp en jou saamsleur in ‘n polsing wat gelyke met geen ander het nie. Sy borrel van energie. En het ek genoem, die “girl” MAG maar sing, hoor! Toe ek haar die eerste keer gesien het, was ek nog heel onbewus van haar talent, en met haar 3de liedjie die aand “Have I told you lately?”, het die hare in my nek orent gaan staan en het ek my bloed tot in my vingerpunte voel klop. “I was sold”, daar is geen ander manier om dit te sê nie. Haar stem is warm, kolkhelder, rond en toegeeflik, maar indringend mooi. Sy gooi haar mooi lyf rond en spring op daardie verhoog dat jy nie anders kan as om regop op jou voete te kom en jou litte te roer nie. Weg is my pyn en wild wil ek my heupe roer en my voete stamp. Ek klap, a.g.v. my pyn, nie maklik ‘n hele liedjie deur, my hande op die maat van die musiek nie, maar ek sukkel om my arms stil te hou as Jennifer op die verhoor is.

Ek verlustig my aan haar loopbaan en voel trots dat ek hierdie mens kon ontmoet en leer ken. My huis, ja my nuwe een ook, is geplak van haar vordering en tydskrifartikels. ‘n Rukkie terug moes ons ‘n geldinsamelingsveldtog vir Animal Anti-Cruelty doen, en ek kon aan niemand anders dink om te nader vir die voorreg om een van haar liedjies te gebruik vir die begin van ons konsertjie nie. En natuurlik was sy gewillig om ons uit te help, met graagte. Dankie Jennifer, a.g.v. jou hulp het ons ‘n hele paar duisend Rand ingesamel om hierdie organisasie te help om sorg vir diere te bewerkstellig. Sien julle, hierdie is ‘n juweel van ‘n mens. Sy het “gusto” en ‘n hart van goud.

Jennifer maak naam. Die sukses van haar nuutste album “Hoor Hoor” het haar twee Huisgenoot Tempo Musiektoekenning 2006 toekennings verseker in die Gunsteling Pop Album en dit, nogal, sowaar die enigste “onafhanklike” kunstenaar, in die Top 10! En watter eer was dit nie toe Noot vir Noot haar genader het om deel te neem aan hul program nie! Boonop het sy Top 3 vir Stylvolste Vroulike Kunstenaar behaal, en is benoem vir drie Vonk Musiektoekennings vir haar album, Hart se loper. Sy het al gaan kuier op die voorblad van die Vrouekeur tydskrif en binne-in Huisgenoot. Ja, en dis nie al nie! Boonop gaan staat sy en kry internasionale erkenning deur onse Suid-Afrika te verteenwoordig by die “World Song Festival 2006” met haar eie liedjie, Hou my net ‘n bietjie vas, en sowaar, behaal 55ste plek uit 100 deelnemende lande! Wat kan ek meer sê? En toe verras sy ons nog met ‘n inloertjie op Fiesta en laat ons kake oopval toe sy nog boonop wegstap met ‘n Afrikaanse Musiek Toekenning (AMT’s) in die kategorie Beste Afrikaanse vertaling van ‘n oorsese melodie, met “Droom jou mooi drome”. En nou het die Grootste Afrikaanse Sokkie-mense haar nog boonop die eer gegee om een van haar liedere in te reken vir hul volgende uitreiking.

Kan julle verstaan hoekom ek gaande oor onse Jennifer Zamudio? Mag ek maar met trots sê: “Ek is ‘n “fan”!? Want ek is, bo-oor, middeldeur, agterstevoor, onderstebo en holderstebolder een van hierdie sangeres se aanhangers en mis nie ‘n vertoning nie. Vir enigiemand hier in die Kaap wat nog nie ‘n kaartjie het vir haar vertoning op 23 Augustus in Brackenfell het nie, is my vraag: HOEKOM NIE? Gaan loer asb in op haar webwerf www.jenniferzamudio.co.za en sleep jou dagboek nader vir ‘n konsert naby jou, sy is huidiglik op toer deur die land. Jy kan haar nie mis nie, glo my, dis die moeite werd. En onthou, vat sakke en sakke geld saam, jy gaan, ek belowe, haar cd’s koop.

Dankie Jennifer, vir die voorreg wat jy ons gee om jou musiek te kan geniet en dat jy soveel skop in Afrikaanse musiek gegee het. Dankie dat jy ‘n “stunning” mens is en ek kliphard so in jou woorde wil skree: “Lekker was nog nooit sleg vir 'n mens nie!” En tereg soos jou liedjie en album naam dra: “Hoor! Hoor!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

JZ
Dankie vir die mooi stukkie oor haar. Ek het die voorreg gehad om haar hierdie week in Windhoek te ontmoet. Voorwaar 'n pragtige mens in alle opsigte.

Mooi dag
12 jaar 2 maande 14 ure oud


Viva Jennifer Zamudio!
Ek is baie bly jy die geskryf. Ek is ook 'n GROOT fan van Jennifer Zamudio. Sy tok-tok in my kamer, in my kar, in my disco, in my hart. Hart se loper...Ek het jou gevind...Hoor hoor! Jennifer Zamudio!

Groete

Chenél
12 jaar 3 maande 1 week 1 dag 15 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar