Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

JIP SE VICTOR EDWARD.

Die voormalige Tuks FM dj het beslis ‘n paar meisies se harte gesteel toe hy so klein rukkie terug gekies is as Jip op MK89 se manlike aanbieder.

Daar is egter so min wat ons weet van hom, en Woes het besluit om self ‘n paar vrae aan Victor te rig om meer oor hom uit te vind.

1. Vertel ons meer van jouself, 'n bietjie agtergrond. Daar is so min wat mense van jou weet...


A: Ek kom van Rhodesië af, maar bly meeste van my lewe in Suid Afrika. Het op Affies skool gegaan en het geswot by Tukkies waar ek begin het by TuksFM. Sewe jaar later het ek besluit om aan te beweeg en was toe geseënd genoeg om 'n plek by JIP te kry. Ek het nog altyd van brunette's gehou maar het nog net met blonde girls uitgegaan, behalwe vir een.

2. Wat sal die betekenis van die woord WOES vir jou wees?


A: Dit is wanneer iets 'n bietjie meer is as wat 'n mens verwag het. 'n Woord wat meer in ons samelewing gebruik moet word.

Bv. Woes is hoe jy voel wanneer jy opstaan met 'n hangover van die vorige aand se kaskenades nadat jy jouself vir die honderdste keer belowe het jy gaan net twee biere drink.

3.Jy was voorheen aanbieder by Tuks FM, was die oorskakeling van Radio na Televisie moeilik?

A: Dit het sy uitdagings gehad. Met radio kan jy sé en doen omtrent net wat jy wil en daarmee wegkom sonder dat mense weet hoe jy lyk. 'n Mens kan ook wanneer iets verkeerd gaan net musiek speel en maak of dit 'n tegniese fout was. Alles is in jou hande. Met TV sien baie mense vir jou en dit is nogals 'n aanpassing om alles so perfek as moontlik te kry. Nie alles is in jou beheer nie so dit maak dit 'n bietjie meer stresvol.

4.Sal jy weer terug gaan na Radio?
A: Ja definitief, daar is net op hierdie oomblik nog te veel wat ek in TV wil doen. Chuck Norris het gesé ek moet nog 'n bietjie experience kry op TV voordat ek sy sidekick kan word.

5.Beskryf jou ideale meisie....
A: Angelina Jolie met 'n bietjie Jennifer Aniston gemeng met Sandra Bullock en Keira Knightly. Lee-ann vir nagereg!

6.Som jouself in drie woorde op..

A: Chuck Norris se moer.

7. Wie is vir jou die sexyste Suid-Afrikaanse vrou?

A: Lee Ann Liebenberg.

8. Boksers of onderbroeke?

A: Boksers, vryheid is mooi.

9. Na watter musiek luister jy?

A: Enige iets van Michael Jackson, Limp Bizkit, Pearl Jam, Robbie Williams tot Café del Mar en Diana Krall. Wanneer 'n mens vir so lank by 'n radio stasie betrokke was soos ek dan raak jy baie meer "open minded" teenoor musiek…en ander stuff ook.

10. Gunstelling Suid-Afrikaanse kunstenaars?
A: Fokofpolisiekar, Prime Circle, Arno Carstens, Taxi Violence…Daar is deesdae so baie cool SA bands, hopelik raak die local ondersteuning ook so cool.

11. Kry jy meer aandag by die meisies vandat jy Jip aanbieder is? Hoe hanteer jy dit?

A: Nee, maar die honde in die buurt kyk my weird aan en die in die straat bestorm my been. Party blaf. What's up with that, bitches?!

12. Single of in 'n verhouding?
A:
In 'n baie cool verhouding op die oomblik.

13. Wie is jou rolmodelle/ inspirasie?
A: Ek het nog altyd van Spungebob Squarepants gehou. Hy kry homself altyd in die mees onmoontlike situasies, maar op die einde van die dag werk alles uit en hy kan altyd daaroor lag. Sy uitkyk oor die lewe moet ons almal inspireer...

14. Gunstelling quote?
A: Liefde, vreugde en 'n Sondag Middagete.

15. Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie.....

A: Ek het al 'n Hanson cd gekoop…en geluister.

16.Enige addictions?

A: Drank en Woes.

17.Wat is jou passie?

A: My grootste passie sal definitief musiek moet wees. Ek love dit om my eie musiek te skryf en kitaar te speel.

18. Jou stokperdjie?

A: Golf. Golf. Golf.

19. Gunstelling tydverdryf?

A: Om te lees en musiek te luister.

20. Wat laat jou tiek?

A: JIP op die coolste musiek-kanaal op TV, MK89 elke Woensdagaand om 19:30 en my girl natuurlik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar