Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Stunning stunning stunning stunning! Jy lyk wonderlik! Mens dink altyd hoe ander lyk so deur die media, maar as jy haar sien is jy verras met hoe fantasties sy eintlik is. Jy het so goed vertoon en plat op die aarde, dat mens nie anders kan as om mal oor jou persoonlikheid te wees nie.

Sal wat wou gee om op 'n bank voete op te krul en lang stukke met jou te kan praat...oor liefde, oor lekker ontspan..oor musiek in jou are..oor voel tot in jou murg, ja tot in jou niere! Oor jou reise, oor hoeveel mens saam met jou dra wat onnodig is en wat jy altyd in jou suitcasey pak om te kan onthou vir altyd en altyd.

Ek wens jou wonderlike dinge vorentoe. Baie dankie vir die voorreg dat ek met jou 'n stukkie van ons menswees kan deel. Dat ek met trots kan sê jou skoonheid, jou kuns, jou talent, jou woorde en jou musiek het my aangeraak en ek is 'n beter mens a.g.v. mense met soveel styl as jy.

Ek weet dat ek nou moontlik soos 'n melodramatiese voubiljet klink, en ek bedoel dit rerig nie so nie. Ek wens net ek kon in presiese woorde uitdruk hoeveel jou menswees my vanaand beindruk het. Dankie dat jy net 'n normale mens is, wat liefhet wat sy doen en wat elke oomblik se pret en passie daaruit put.

Jou duet met Steve was puik. Ek moet sê die engels laat jou veral goed klink. Jy verras my.

Baie geluk met alles wat jy doen. Ek noem myself met trots 'n Karin Hougaard aanhanger, ja, vir haar talent, maar ook vir die mens agter die naam..die Karin. Iemand, ek dink dit was Tyra Banks wat gesê het dat dit haar diep bangmaak en gewip as sy met iemand uitgaan en hul noem konstant haar op beide haar naam en van. Ja, jy is baie meer as Karin Hougaard, die kunstenaar. Sy is kaalvoetmens sodat sy kan onthou hoe dit voel om die grein van hout onder haar tone te voel, of om sandkorreltjies te voel vryf tussen haar tone. En as die duwweltjie haar in die voet steek, kan sy die pyn ervaar en die eenbeentjiedans doen...want sy is mens.

Dankie dat dit vir my en so baie ander mense kan mooi wees. Doe voort.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Resensies
Hi Delene, ek hou van jou lekker loslit resensies oor kunstenaars. Baie geluk met die sukses van jou boek ook. Maggies, dit wil gedoen wees.
Watse onderwerpe word daarin behandel?
7 jaar 11 maande 4 dae 14 ure oud


Ek is ook 'n Karin Hougard "fan". Baie mooi ode aan haar deur jou pen. Die laaste paragraaf veral mooi geskryf ook.
8 jaar 3 maande 3 dae 11 ure oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar