Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is vir my n groot vooreeg om Lynette McMillan, alias Kiekies, op Woes te ken. Haar sprankel bydraes is altyd n plesier om te lees en dit is dus met groot verwagting wat ek haar boek, Kiekies, bestel het.

Die boek Kiekies het my net weereens laat besef dat die groot uitgewerhuise besig is om baie talent in hierdie land te laat verlore gaan omdat hulle nie belang stel om baie van hierdie werke uit te gee nie. Indien hulle wel n manuskrip aanvaar word daar so gesny en geredigeer dat die werklik waarde van die skrywer se werk verlore gaan.

Gelukkig het Lynette die moed van haar oortuiging gehad om die boek self te laat druk en self te bemark. Vir hierdie tipe skrywers het ek die grootste agting en salueer ek Lynette daarvoor asook Groep 7 se keurige drukwerk.

In haar boek neem sy ons op n reis in haar verlede in en leer ons die mense van die vorige verslag deeglik ken. Op haar sprankelende verteltrant laat sy die leser saam met haar lag en huil as ons saam met haar deur haar kiekie album van herinneringe blaai.

Haar taalgebruik is sprankelend en skryf sy baie keer soos daar gepraat is wat die waarde van haar bydraes baie verhoog. Ons deel haar kinderjare met haar, haar werkersjare en ook die jare saam met Bokk op n kleurvolle manier wat jy jouself so inleef dat jy deel van die gebeure word.

Hierdie boek is n moet vir elke boekwurm en n moet om te besit. Ook die ideale Kersgeskenk.

Baie geluk Lynette en ons sien uit na jou volgende boek








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kiekies
Wonderlik! Baie geluk aan Kiekies...Dankie vir die resensie, Neels!
5 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 7 ure oud


Kiekies
Myne is ook bestel, betaal en het al aangekom . . . by my (amper blinde) ma in Suid-Afrika. Ek het gesê sy moet maar solank lees ~ siestog, met vergrootglas én bril ~ en as ons hopelik binnekort weer daar uitkom, gaan ek leesfees hou. Kan nie wag nie!

Dankie Neels vir hierdie lansie wat jy breek vir Lynette en sommer almal wat die pen opneem. Ek voel ook soos jy. Hoekom is uitgewers so gemeen? Ek sien hier op Woes hoe mense lees: al die stof wat uitgewers/redigeerders sou afkeur en afkeer, of op die lessenaar laat lê om stof te vergader, is die stof wat gewone lesers soek. Hoe verstaan mens dit?
5 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud


resensie
wat n prag resensie!!! dankie dat jy dit met ons kom deel het Neels, ja Kiekies besit n talent om die heel alledaagse in n wonder verhaal te omskep
5 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 4 ure oud


KIEKIES DEUR LYNETTE McMILLAN
Hoe gemaak om 'n bestelling te plaas.

So ondervind ek ook dieselfde probleem met al die geite van drukkers
5 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


Kiekies
Hi Neels, dankie dat jy dit met ons gedeel het. Voorwaar geluk aan Kiekies!
5 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud


Kiekies
Ek is stom geslaan en tog borrel dit in my hart! Ek is nederig en tog groot-kop en wintie, verleë maar voor oppi wa. Nou moet ek net onthou wat pa daaroor en die agteros gesê het.

Ek is innig, INNIG dankbaar dat Neels in die eerste plek 'n boek bestel het, dit gelees het en iets daaroor te verkondig het.

Ek belowe, cross my heart... njannies, ek het hom nie gevra of betaal nie. Neels, ek buig laag in dankbaarheid voor jou vir hierdie pasella resensie!!!

So wie wil 'n boek bestel? Daar is nog n paar wat maklike Kers-inkopies sal teweeg bring. En as die Wolf sê dis 'n winskoop, kan jy dit maar glo!
5 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


Kiekies
My ondersteuning.
ek het vir my kleinkinders (wat ek noual weet sal eendag lees) gekoop.

Dankie

Dit was 'n winskoop.
5 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar