Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gisteraand het ek besluit om na 'n lang afwesigheid in die "fliekhuis", weer daar 'n draai te gaan maak.

"Knysna" was op die advertensiebord aangerig en hoekom sal ek nou nie Afrikaanse flieks ondersteun nie? Dit is immers my moedertaal en my trots.

So, sonder om werklik te weet waaroor die fliek gaan, neem ek en manlief ons sitplekke in, met elkeen 'n duur springmielie-pakket. Terloops, dit kos meer vir die eetgoed, as om 'n fliek te sien.

Knysna was alles wat ek nie verwag het nie. Dis anders en dit vertel die storie van die lewe van vyf "vlei-rotte" en toe kon ek nie help om terug te dink aan ons dae in Brakpan, waar almal "Brakpan-tappits"genoem word nie.

Almal van hulle is eenvoudige mense, wat hard moet werk om 'n eenvoudige bestaan te voer. Soos dit ook deesdae in die meeste van ons eie kinders se lewens is, verdien hulle maar min en daarom woon hulle almal saam in een huis. Nou ja, hier gaan mense in en uit, soms ongevraagd.

Elkeen doen sy ding en dan is daar Dolf Roos gespeel deur Neels van Jaarsveld. (Ek is nie 'n groot bewonderaar van hom nie), maar hy het die rol uitstekend vertolk. Sy eenvoudige roetiene is om sy vriende op te tel en af te laai by hul werke, na Ouma se huis te gaan en daar net in te loer en melk en brood af te lewer. Dan maak hy ook swembaddens skoon. Dis juis hier waar die avontuur begin...

Vir sewe jaar maak hy elke dag die spesifieke swembad skoon en hy het nog nooit 'n siel daar gesien nie. Een oggend is die weer reg; die son is warm, die water is blou en Dolf trek sy klere uit... Ja, poedelnakend spring hy in die swembad, die eerste keer in sy lewe doen hy iets wat hy nog altyd wou doen... Swem in die rykmense se swembad en dis net daar waar die pragtige ""Prinses Stefanie"op hom afkom.

Hy skrik homself yskoud en die enigste manier om weg te kom is om poedelnakend na sy kar te hardloop. Nou moet hy met sy kaal boudjies, elkeen van sy vier vriende gaan optel en so, doen hy sy plig en word sy hele lewe 'n hel van spot, vernedering en die soeke na ware liefde.

Ek het myself so geniet, seker omdat ek nie juis iemand is wat na "so 'n fliek"sal gaan kyk nie, maar dit was nou 'n lekkerlag, lekkerkry en opwindende stukkie vertoonwerk.

As die lewensskoen jou druk en jy smag na ïets anders van die normale, dan is dit nou die een dosis medisyne wat ek sou voorskryf.

Waarskuwing:
Daar is baie sugestiewe tonele en woorde, maar dis beslis deel van die karakters se lewens. Wees rustig en geniet die fliek!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Knysna
Nou is ek sommer lus vir Fliek! En popcorn!!
4 jaar 4 maande 1 week 4 dae 21 ure oud


knysna
Dankie moekie klink die moeite werd en ek hou van die storie
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 7 ure oud



N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar