Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die 28-jarige donkerkop van Pretoria toring bo mens uit. ‘n Ferm boere handdruk verseker jou met die intrap slag hier is nog jong Afrikaner bloed.

Gemaklik en vriendelik gesels die man … so tussen sms’e en e-posse deur - en hier is wat hy te se het vir Woesblad lesers en skrywers.

Afrikaans kom‘ n lang pad, wat het skielik verander?

Ons Taal is onder druk , dit word al hoe minder oor televisie en in die media gebruik. Minder blootstelling en gedurig in kompetisie met ander tale.  Dis ons plig as Afrikaans sprekendes om die taal te gebruik en lewend te hou.

Sou jy se Afrikaans is aan die uitsterf dan ?

Nee – daar is groei en oplewing, juis omdat daar druk op die taal is om sy plek vol te staan.  Dit kan jy duidelik sien in die kunste feeste,web blaaie, nuwe skrywes en die  aanhang en beweging van jong Afrikaners om hulle eie goed.  Mense staan op en voel dat hulle nie gaan toe laat dat die taal opsy geskuif gaan word nie. Afrikaans is lewend en aan die groei.  Dit is elke Afrikaans sprekende se plig om dit uit te leef.

Is daar 'n outydse en moderne Afrikaanse taal ?

Die jonger generasie het maar groot geword met die mengelmoes van engelse gesegdes en uitsprake in die taal.  Dit is haas onmoontlik om vandag dit totaal suiwer te praat – soveel tegniese termes en gebruiks Afrikaans het norm geword.  Die geheim is om Afrikaans in die milieu ‘n plek te gee sodat dit nog die Afrikaner identiteit behou. Ek delf gedurig terug in die “ou” Afrikaans in en ontdek woorde wat ons laat herleef en gebruik.

Jou liedjie “ Jy praat steeds Afrikaans” – vertel hiervan?

Dit was ‘n verwerking van ‘n ou liedjie gedoen saam met Johan Voster en die tema van Afrikaans praat het hierdeur sterk na vore kon tree. Die boodskap hiermee om kultuur en Afrikaans uit te bou met mekaar en vir ons nageslag.

  En die nou bekende De La Rey ?

Ja, dis  verwysend na die Afrikaner Generaal De La Rey en die sterk karaktervolle mens wat vir waardes en geregtigheid gestaan het.  ‘n Ware voorbeeld van ‘n sterk persoonlikheid met leier eienskappe waarna ‘n nasie kon opsien vir leiding.

  Watter eienskappe soek jy na in so ‘n figuur ?

 ‘n Mens met waardes wat opstaan vir geregtigheid en kan standpunt in neem rakend taal, kultuur en die dinge wat vir die Afrikaner na aan die hart le. Wat vrede en harmonie binne ‘n reenboog land soos ons sin aanhang – maar terselfde tyd nie toelaat dat die Afrikaner sy regmatige plek onder die Suid-Afrikaanse son ontneem word nie.  Dit sal egter baie moeilik gaan om vandag so persoon te vind.

Dit was vir my baie treffend dat die man met sy ou landsvlag om sy skouers by ‘n rugby wedstryd sy “vyand” se vlag kan dra – sy verlede, hede en toekoms kan aanneem as deel van wie hy is – geen Suid-Afrikaner kan weg kom van wie ons is nie – maar ons kan dit met trots dra as ons erfgoed.

Wat sien jy as “eg” Afrikaans.

Ons is Afrikaans gebore – asook wat ons daarmee saam geerf het – die biltong en droe wors, die braai en bier, familie, die kampvuur in die bosveld, boere en die grond wat ons op loop.  Ja,  en ek was ook‘n Voortrekker.

Vir die lesers en skrywers van Woes.co.za – wat se JY vir ons ?

Afrikaans is ons taal.  Dis eie aan die mense hier en ek wil vir almal herinner dat dit ‘n taal is om op trots te wees. Ons moet opstaan vir dit wat ons eie is en waarvoor ons lief is.

Praat en skryf jou TAAL met Afrikaner - trots wat so ingeboesem is soos ‘n heerlike skaaptjoppie om ‘n braaivleis vuur.

Baie groete aan al die Woesters   Bok van Blerk



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lana en Bok
Absoluut fantasties! Die duisende Afrikaners wat nou van Bok weet, veral met daai lied van ons boere-generaal, WEET ek verseker, bring AFRIKAANS op 'n NOG groter hoogte! En dit het ons nodig!
Ek is Afrikaans, en ek sal Afrikaans bly tot my laaste asem uitblaas!
Jong kunstenaars soos Bok, moet nooit stil raak nie. Ons het 'n ontsaglike ryk kultuur en geskiedenis. Dit is deel van ons, en ons moet dit te alle koste behou.
Dankie vir hierdie stukkie!
Groete
Antjie
12 jaar 9 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


Bok ram
Lekker om te sien en luister na 'n jong lat wat glo in herlewing of te wel oorlewing. Sy skryf guru Shaun Else en kie het die spyker op die kop geslaan met die woorde en uitbeelding van 'Die Leeu'
in die song en musiek video. Die probleem wat ons nou mee sit is om vir al die kinders te verduidelik wie en van waar ons mense is, maar dat niemand ons skuld nie en dat ons trots ons maak wie en hoe ons is. Ons het nog nooit gaan lê nie maar net gehiberneer, ons is hier om te bly!
12 jaar 9 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


Lana Lowe gesels met Bok van Blerk
Ek's jaloers! Deesdae beweeg 'n mens in 'n groot aura in wanneer die geleentheid gegun word om vir Bok te ontmoet. Tog is dit waar as hy noem dat daar seker nie vandag 'n figuur is wat sterk genoeg is, en met baie respek gese, om regtig vir die massa-verteenwoordigers te se dat ons eintlik nog bestaansreg het. Anton Rupert was so 'n man. Sy internasionale belange-arm was baie lank maar hy het altyd huistoe gekom, na sy mense toe. Selfs my broer het die anderdag aan my beken dat hy sy 'identiteit' amper kwyt was, as dit nie vir 'n goeie stukkie introspeksie was nie. Hy is met 'n Griekse vrou getroud, en hul seuns word engels grootgemaak. Hy moes bieg dat hy begin neersien het op die gemiddelde Afrikaner. Dit was tot die dag dat sy seun vir hom gese het hy is trots op sy pa omdat hy kan sien dat hy nie bereid is om sy taal en kultuur agterwee te laat nie. Sy seun het dit nie eens neerhalend laat blyk nie - hy is trots.

Dankie Bok, jy bly glo in ons taal.
12 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar