Resensies

Titel: Mama's Boy
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Ou wat op 29 nog by sy ma bly, raak bekommerd wanneer sy met haar persoonlike guru wil trou. Hy probeer alles in sy vermoë om die verhouding te keer. Hierdie soort fliek voorsien seker in die behoeftes van die miljoene karavaanbewoners in Amerika wat al lankal breindood is. Ek kan my nie indink dat daar mense is wat hierdie soort humor (en ek sê dit ligtelik), snaaks vind nie. Waar dit nie banaal is nie, is dit kru en sommer net aaklig. Ek weet rolprentvervaardigers sal nuwelinge maklik om die bos kan lei om in so ‘n fliek te speel, maar wat Diane Keaton en Jeff Daniels daar soek, sal net hulle weet. Altwee is tot baie beter in staat. Die soetsappige “boodskap” wat die fliek oordra, is ook iets wat deesdae knaend kop uitsteek. Blykbaar ag Hollywood homself as opvoeder, want ouers in Amerika is klaarblyklik nie in staat om hulle kinders te leer nie. Werklik onaangenaam, maar daar sal seker baie mense hierna stroom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar