Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek as tiener benader en sien goed in die lewe soms anders as ander raak, weens dit sal mense of met my saamstem oor my opinie of nie!

Hierdie het in 2006 begin as 'n verhoog produksie, dit was wonderlik verby! Die klank, kostuums, maar wat dit regtig uniek gemaak het was die liedjies en akteurs! ABBA is baie jare voor my tyd, maar persoonlik is hulle vir my een van die mees suksesvolste en beste groepe tot so ver die tyd kan tel.

Onlangs, is die fliek van die verhoog produksie uitgereik en is nog 'n beter sukses! Ek kry hoendervleis as ek dit kyk, en vandag was die sewende keer wat ek saam gesing het op die wysie van Mamma Mia!

Die storielyn, akteurs en liedjie keuses is alles perfek en pas so goed in by die fliek! Maar altyd is daar 'n dieper boodskap wat iewers agter die opwinding skuil!

Meryl Streep, Pierce Brosman en sommer die hele 'cast', wel gedaan! Vir almal wat dit nog nie gekyk het nie, berei jouself voor vir iets wonderlik, iets anders en iets wat jou hare laat regop staan! Geniet dit soos ek dit geniet!

"Quite simply, a phenomonen!"



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

mamma mia
Al drie keer gesien met verskillende mense. Wil elke keer net 'n lang geblomde rok koop of in 'n 'dungarees' in spring, my oor 50 vriende aan die hand gryp en begin pret maak! Ons hou glo nie op speel omdat ons te oud word nie - maar word oud omdat ons ophou speel!!!
12 jaar 1 week 5 dae 5 ure oud


zea
Het nog altyd gedroom oor 'n huisie by die see, met blou hortjievensters, en vrolike wasgoed wat dans in die wind..iewers waar ek "happy" is. EENDAG!
Pragtige, laat my- dans -met- 'n traan- fliek!
12 jaar 2 weke 2 dae 14 ure oud


Ek stem 100% saam. Het dit die naweek gekyk en wil nogsteeds elke dag net sing en dans. Dit is 'n wonderlike "feel good" fliek.
12 jaar 2 weke 4 dae 11 ure oud


rex
Mamma mia ...
J, voorwaar fenomenaal!
12 jaar 2 weke 4 dae 15 ure oud


Sjoe - en daardie Griekse eiland laat my DROME droom!!!!!!!

Fantastiese fliek en musiek!
12 jaar 3 weke 5 dae 6 ure oud


ek kan net sê ek het ook geniet, stukke en stukke.
a.
12 jaar 1 maand 13 ure oud


Ek stem 100% saam... wat 'n movie!!! Wat 'n cast!!! En die beste musiek daarby in eengevleg!!!
12 jaar 1 maand 15 ure oud



Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar