Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Feit is, die bye sterf wêreldwyd. Feit is, miljoene van volke sterf jaarliks, word deur die verskynsel moderne industriemens verniel. Dit sou erg genoeg wees as slegs die heuning duurder word. Maar die werk van die bye is noodwendig vir die allermeeste gewasse wat bloei en vrugte dra. Op die mark het die heuningstand plakate en baniere wat uitroep: „Heunig kan mens importeer. Bye nie!” Wat kan ons maak sou die bye uitsterf? Mense aanstel om die plante te bevrug? Masjiene ontwikkel? Verhonger? Uitsterf? Saam met die res van die skepping vrek?
   Uit die sig van byeboere in verskeie wêrelddele vertel  Markus  Imhoof sy verhaal van die bye en hul hedendaagse penarie.


MEHR ALS HONIG / MORE THAN HONEY ; dokumentaarfilm, regie en draaiboek Markus Imhoof; Switserland / Duitsland / Oosterryk; 94 min.; 2012.   ]

Self Switser, begin Imhoof met 'n „Imker” bo in die Alpe met so 'n sterk dialek dat Duitse subtitels getoon moet word! Hoog in 'n idilliese bergdal word 'n boerdery bedryf wat byna soos 'n liefdesverhouding lyk. Die boer se grootvader het honderd jare gelede 48 volke gehad – ons sien 'n foto van 'n huis met baie vensters en deure, balkontjies, torings en vlaggies, soos 'n miniatuur-berghotel vir ryk toeriste uit daardie tyd. Agt-en-veertig volke woon daarin. Sy nageslag het één dosyn: Ook in die vergeleë Alpe woed die Varroa-myt, alhoewel die boer hom om 'n suiwere bestand bemoei. Dis reinrassige diere en, as `n koningin te wyd geswerm het of drone uit 'n ander vallei by haar gekuier het, maak hy genadeloos die nasaat, wat hy kan erken, dood. In sy taal is hy „byevader”, en so sien hy sy verantwoordelikheid. Ou tradisieverbonde denkaard, met moderne kennisse en metodes. Hy verkoop sy koninginne, en stuur hulle per pos aan adresse oral in Europa. Intensiewe kleinarbeid in diens van die bye – én die mense.
   Volgende kapitel: VSAmerikaanse byeboer klim uit sy 4 x 4 aan die rand van 'n reusagtige amandelplantasie, luister aandagtig na die gezoem van die bye en sê, „Dis die klank van geld!” Hy het duisende volke wat hy op Giga-liners laai en kruis-en-dwars deur Noord-Amerika trek, van die een oesgebied na die ander. Sy tydtafel is presies uitgewerk: As die amandels hier klaar is, oppak, trek duisende van kilometers ver na waar die appels bloei, daarna oppak, trek ... en  vorentoe, vorentoe. As êrens 'n fout inglip, kan hy tot drie-honderd koninginne „offer”. Hy „produseer” mos in die hoofkwartier in Kalifornië ononderbroke narukkerinne.
   Toneelverskuiwing na die Meksikaanse grens, waar 'n (vyf-meter?-) hoë draadheining deur die landskap loop -- „om die illegale immigrante uit te hou”. Maar die „moordbye” uit Brasil (oorspronklik Suid-Afrika?) hou hulle nie aan internasionale konvensies nie. Hoe om daarmee om te gaan, toon 'n grensboer: Hulle is robuust, resistént en, as jy hulle versigtig en omsigtig behandel, vreedsaam. Kan hulle met die Europese bye gekruis word?
   In Suid-Sjina pluk die vrugteboere die bloeisels van die bome, krap die geel poeiertjies in  papiersakkies en vervoer dit na Noord-Sjina, waar mense met klein skilderkwassies die vrugtebome bestuif, blommetjie-vir-blommetjie bestuif. Die pestisiede gepaard met nywerheids- en ander beskawings-giwwe het die bye – en alle ander inseksoorte – uitgerot.
   Australië is aanskynend die enigste wêrelddeel wat die byegriep (Varroatose) nie ken nie. Daar tref ons die seun van ons Switserse byeboer waar hy navorsing bedryf.

Nee, ek het nie die hele film se storie vertel nie! Dit was so te sê die kapiteloorskrifte, maar wat alles daarin vertel word, dít moet gesien en beleef word. Die film vertel van die egte, teenwoordige oorlewenskrise wat ons, alle mense op die wêreld, vandag in die gesig staar. En dis g'n saai-faai of Phantasy nie. Dis egte gegewenhede in eg-tyd, nou. Daar kom geen Arnie of Brad met dolle SFX en Dolby-surround om die mensheid te red nie, Dit gaan hand-aan-hand met die verkoop van water- (en ander) -regte aan internasionale konsortiums*, die verkoop van „regte” oor plante en plantsoorte aan geen-manipulasie-firmas, dit gaan oor „fraccing”. Wanneer die ondergrond eenmaal gefrac is, is dit vir alle tyd  gefrac, ewiglik opgefrac. Wanneer die Monsanto-raps eenmaal in omloop is en homself op natuurlike manier verbrei, dan kan die munisipaliteit weens diefstal aangekla word as die plant die slote en rioolpype verstop. Want dis die eiendom van die „regtebesitter”, en as jy dit op jou perseel het, DAN HET JY DIT GESTEEL! Gaan kyk hoe lyk dit in Kanada.

Nee, ek het nie van tema afgedwaal nie: Alles behoort saam, alles beïnvloed mekaar. Alles is vernet!  As ons die ene toelaat, sluip die ander in sy windskadu saam deur. En ons het heelwat al toegelaat. En heelwat het al deur gesluip. Hierdie film maak nie propaganda nie. Hy het geen „boodskap” nie. Hy berig slegs oor heersende toestande, nugter en kaal. Die intelligente mens, dis ek en jy (nie die stemvee wat net alle vier jaar gebruik word nie) bemerk wat gespeel word, en let op in wie se mou die as versteek is.

Miskien het ek êrens oordryf. Gaan kyk gerus na hierdie film, maak nie saak wat jou oortuiging is nie. Dit gee minstens hier en daar 'n deurblikkie wat die mainstreampress en ander infotainmentmedia ons nie gun nie. Of reëlreg verspér.

[ *  Kyk na my resensie van „En dan die Reën” wat oor die Wateroorlog van Cochabamba, Bolivië, in 2000, handel. Die kommissare van die Europese Unie wil die water alhier vrygee sodat internasdionale konsortiums dit kan koop. ]

©.2013._______________________________...xxXxx..._______________________________________.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar