Resensies

Titel: MIAMI VICE
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek dink nie daar was 'n vrou met werkende hormone wat een episode van die TV-reeks Miami Vice in die middel 80's gemis het nie. Don Johnson het seks met 'n hoofletter verpersoonlik. Die rolprent is vervaardig deur dieselfde ou wat die TV-reeks vervaardig het, nl. Michal Mann. Die storie, verbode liefde, is effe oud, maar het 'n paar nuwe skurke soos die spul van die "White Arian Supremacy". Die gewere, bote en voertuie kom uit 'n wêreld van weelde en geweld. Jamie Foxx is 'n goeie Rico Tubbs, maar ek is bevrees Colin Farrell sal op sy beste dag nooit so sexy soos Don Johnson wees nie. Wanneer gaan Hollywood leer; daar is niks so walglik en afstootlik soos 'n man met lang, vuil hare nie! Nie die moeite werd nie, baie langdradig



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar