Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op ‘n Donnerdag gedurende die groot pouse hang ‘n onderwyseres haarself in haar klaskamer aan haar blou serp in ‘n laerskool op. In die hoofstad van Quebec, Montreál (sê ,Mong-reál’ of ,Mô-reál’). Die elfjarige seuntjie wat melkdiens het, sien haar deur die glasvenster van die geslote deur en alarmeer dadelik die onderwysers, wat noodmaatreëls tref. Die kinders word huistoe gestuur, en tot Maandag moet alles gereël word sodat die kinders weer skooltoe kan kom: Die mure word geverf, ‘n psigologin word gevind, maar geen onderwyser nie ...
   In dieselfde stad is ‘n asielsoekende Algeriër, ‘n man wie se vrou en kind gedood is nadat hy gevlug het – vooruit, om vir hulle die pad te baan. Hy doen aansoek om die vakante pos, en, omdat sy niemand anders kan kry nie, neem die skoolhoof hom in diens sonder om alte noukeurig na sy kwalifikasies te kyk.


[MONSIEUR LAZHAR; r: Philippe Falardeau; d: Mohamed Fellag, Sophie Nélisse, Emilien Néron, Danielle Proulx, Brigitte Poupart, Evelyne de la Chenelière; Kanada, 2011; 94 minute]

  Dis nie ‘n film oor pedagogiek, metodiek of didaktiek nie, dis nie ‘n opvoedkundige film wat ons iets oor skole en kinders wil bybring nie. Ook nie ‘n vergelyk tussen sisteme nie. Ofskoon alle resensente – wat ek gelees het – betoon dat ‘n onderskeid tussen Algeriese en Kanadese metodes sou bestaan en dat die Algeriër „met ongewoonlike metodes” iets in die klas bewerkstellig het (wat die inheemse Kanadese miskien nie sou reggekry het nie?). Die man ís nie ‘n onderwyser nie, en wat hy doen, doen hy uit herinnering aan sy eie skooltyd, intuïtief, per abuis, of omdat hy dit gisteraand nagelees het. Sy enigste „opvoeding” is die feit dat sy vrou ‘n onderwyseres was. (Aan al die dames wat hier lees: Hoeveel vertel jy jou man aan die einde van die skooldag as julle eindelik tyd het om te ontspan? Kan jou man môre jou klas, jou les, jou periode oorneem op die basis van dit wat jy hom vertel? En aan die mans, met omgekeerde voorteken, dieselfde vrae.)

   Bachir Lazhar (Fellag) is waarskynilk veertig, vyftig jaar oud en het die laaste jare ‘n restourant bedryf. Hy ly daaronder dat sy gesin en ander bewoners van hul huis ‘n dood in die vlamme moes sterf, want hy self was die eintlike doel van die aanslag. Sy storie word nie deur die owerheid geglo nie, en dis moontlik dat hy  „afgestoot”, deporteer gaan word. Hy ly daaronder dat die owerhed hom te eniger tyd in die hel kan terugstuur, dat hy magteloos is. Dit word nie gesê hoekom hy om hierdie pos aansoek gedoen het nie. Feit is, hy is frustreerd, het niks om te doen nie. En is dit nie wonderbaar om iets in die alhoekouer wordende herfstyd te kan doen nie? Die kinders het hul onderwyseres lief gehad, en sy vir hulle, maar sy het ander probleme buite die skool gehad, ook met haar man. Die lewe was eenvoudig teveel vir haar. Dit alles weet ons nie as ons in die saal intree nie, en dit kom in stukkies en brokkies langsaam in die loop van die verhaal uit.

    In die (professionele) resensies word gedurig  van die „traumatiseerde” kinders gepraat, maar een van die meisies kry die blink ingewing, taamlik na aan die einde, dat dit die volwassenes is wat getraumatiseer is. En so is dit ook. In ‘n steriele moderne skoolstelsel, waarin die „deelnemende partye” hulle polities korrek soos in ‘n diplomatiese of mark-oriënteerde verhandeling moet hou, het ‘n volwasse vrou dit gewaag om te buk en haar arms om ‘n treurige kind te lê. Hy het geskrik en haar weggestoot en geskree dat hy nie gesoen wou word nie. By elke geleëntheid skerp die skoolhoof die kollegas in dat niemand ‘n kind darf aanraak nie, ook nie om te liefkoos of troos nie. Eers reg nie slaan nie. Almal oorlê voor hulle praat (uit vrees dat hul woorde in ‘n geregshof teen hulle aangewend kan word?).

   En dit alles weet en verstaan Bachir die Algeriër en die kinders nie. Maar die kinders speur dat ‘n volwassene met hulle hier praat, wat nie slegs die senseerde weergawe bied van dit „wat hulle mag hoor”, dit „wat goed vir hulle is” nie. En Bachir merk dat daar iets onuitgesproke in die klaskamer leef...

 En dáárom handel die verhaal: Van mense wat ly en merk dat andere ook ly en probeer om mekaar se smart te linder; nie probeer om te troos nie, maar om te begryp hoekom, waarom.

    Natuurlik bars die borrel eendag en dit word taamlik chaoties in die klaskamer. Natuurlik kom die swendel aan die daglig en Bachir moet mooi vra om die laaste dag te mag onderrig, om die huiswerk van sy laaste les af te rond, om totsiens te mag sê. Hulle durf sý huiswerk ook verbeter, en hulle doen dit in koor, spelfoute, grammatiek, alles. Maar hulle weet wat hy wil sê, in sy selfgeskrewe fabel van die skoenlapperpoppie wat aan die tak van ‘n olyfboom hang en ongeduldig wag om te ontpop – en daar kom ‘n woeste brand deur die tuin geblaas...  In die laaste toneel buk Bachir as ‘n huilende kind by hom kom troos soek, en hulle omarm mekaar.

    Die film se storie handel om die onopregtheid van die moderne pedagogiek, van die ysige, nie-kind-geregte manier om kinders intellektueel en uit die hoë, uit die verte te bedien - soos ‘n TV of outomatiese garagedeur.

Die film is ‘n reëlregte aanklagte teen die onmenslike behandeling van kinders deur volwassenes wat gansegaar gladniks van kinders weet nie.

Vyf sterre.


   2012.c];o)...................................................--.......................................................)o:[>.tje



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tegelykertyd
Lees asseblief Jelewi se gedig ,Geroetmerk' van gister, Donnerdag, die 29. Daarin behandel sy uit kunstlersig 'n soortgelyke tema, veel beter as wat 'n dro" ou prosateks dit kan.
8 jaar 2 maande 10 ure oud


LAZHAR . . .
Oom Toom.
Alle wêreld! Maar jy is 'n man van hoogere woorde en spielagtige beduie!
Sjoe. Ek lees maar verstaan meeste van die woorde nie maar ek gee jou al my punte vir die vertelling.
Jy bemeester die kuns waaragtig:
Om die honger van 'wil meer weet' alsó erg op te jaag!
8 jaar 2 maande 16 ure oud



Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar