Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Lank lank gelede, was liefde vir my as kind; eerbaarheid, reinheid, suiwerheid, lojaliteit teenoor hul lewensmaat. Dit weerspieël die simbool van liefde. Ja, ek het gedroom vir so ʼn mooi liefdesverhouding. Ek het dit ontvang en my droom is bewaarheid.

Ek sien, ek hoor, ek lees; wie is jy om te oordeel, sal jy ʼn klip of klippe optel om dit eerste te gooi!

Ek gaan my Potlood optel!

Jou instink vertel dalk iets anders soos; ek sal dit dalk nie verder meer lees nie. Elk het ʼn reg op eie oordeel.

My leuse in die lewe is; ek lees nie iemand se werk wat deur iemand anders herplaas is nie.
Jy lees reg. My instink; het dit my nou verraai of was dit nou regtig ʼn aanwins? Hier kan jy maar gerus oordeel oor my skrywe.

Dankie Jan vir hierdie herplasing van Moekie se; “uit Moekie se pen.”
Nou kon my Liewe Here ook my potlood skerp maak, om my sê op ʼn stuk onskuldige papier te kon griffel. So is ek die potlood wat ook sy deel moet doen om te red wat daar te redde is. Of ek sal die konsekwensie eendag in die gesig moet staar, wanneer ek rekenskap sal lewer oor wat ek nie graag wou doen nie.

Ek lees, ek lees, ek hoor en ek sien.
Ja.
Wat het geword van al die mooi van liefde wat nou so openlik en goedkoop uit die slaapkamer beskryf word? Die kontoere van my vrou se lyf, dit beïndruk my glad nie. So word ons jeug se leefwyse en denke besoedel. Dit is goedkoop selfbejammering of sensasie.

Nou!

1 Hierdie aap streke van; ek beklouter, ek voel, ek betas, ek lek, en ek ruik: O, ja, al die skreeu snaakse uiterings en gepaardgaande daarmee— die wiel is aan die draai en tyd laat nie op hom wag nie.

2 Het gekom by: “Ek vreet alles op voor die voet.”

Noem dit die Leeu stadium. Hy maak jag op die dag se uitdagings, voor die voet.
Dit duur nie lank dan is hy sommer baie lekker dik gevreet. Nou is die spys nie meer so lekker na sy smaak nie, óf hoe?

3 Nou kom daardie verpestende begeerte fase, waar alles opgevreet is. Weinig is oorgelaat na die feesmaal. Draf ou jakkals so hier en daar met ʼn lekkende droë bek en toekyk. So nou en dan slaag hy daarin vir daardie stukkie oorskiet aas vir die honger drang. Met waterbek bring hy sy lewensjare deur, om voor daardie spreekwoordelike gat te tjank, met sy weëmoedige verlange na dit wat verwerp is.

So bly hy ʼn aasvreter!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi skoot
Die wiel het ja gedraai en gedraai en gedraai. En ou jakkals, dis ek en jy, is in die modder getrap en verbrysel. Waar is die mooi van die liefde? Waar het dit gebly?

Friedrich Schiller het 'n ry opstelle oor die estetiek geskryf, oor die mooi, die verhewe, dit wat ons hoogag, oor ons ho"re gevoele teenoor mekaar. Vandag word hy uitgelag.

'n Duite weekblad skryf onlangs dat die estetiek uitgesterf het. Wat edel en waar en goed is, bestaan nie meer nie. Wat oorbly is sinlike wellus, nes jy dit beskryf.

Hoe treurig. Hoe verdammend op die mensheid. Hy red homself wat kan.

GvT

5 jaar 3 maande 1 dag 22 ure oud


instink
pragtig Arnold. ek hou van die houding van die skreyer wat dit duidelik laat verstaan dat hy ook n reg en mening het
5 jaar 5 maande 17 ure oud



Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar