Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die veel – heel veel besproke drama deur ons eie vermaarde PG Du Plessis.
Net hier verklaar ek PG ( soos hy bekendstaan) as Volkseiendom.

Ek het hierdie drama nooit gesien nie, dit nie gelees nie en weet baie min daarvan. Dit kom al baie jare terug en is net na bekendstelling as verhoogstuk deur almal en alles verban en in die vagevuur gegooi:
Die Nasionale Party
Al wat Kerk is
Al wat vroue-, moeder-, hoeder-, hoere- . . . al wat bond is verbied en vervloek.

Die stuk is eers geskryf met mans as rol vertolkers. Later is dit aangepas na vroue as rol vertolkers en nou is dit . . .
Jy moet mooi lees – moenie dat ek jou staan en aanspreek nie – want hierdie is ‘n eksamenvraag . . .
Nou is dit vir die “ Radio aangepas” deur ek het regtig vergeet wie.
Die werk het uiteindelik, toe die meer verligtes en regdenkendes in beheer gekom het, vele prys gewen.

Ek het nou al genoeg geskryf om te bewys dat ek nie ‘n probleem met PG het nie – en vermoed sy werk is “deur ander hande” en ek sal miskien anders redeneer indien ek die oorspronklike onder oog kan kry.
Ek stel egter nie belang nie.

Hierdie “ vir die radio verwerkte” stuk is gisteraand om agtuur op RSG, in sy drama uur, uitgesaai.
Ek het baie opgeoffer om dit aan te hoor en die strekking is:

Basies speel die verhaal af in een kamer van ‘n Hospitaal vir geestelike versteurdes. Die klomp versteurde vroue is vasgekeer in een kamer met beddens opdat aan die hospitaal gerenevate word en plek is ‘n probleem nou prop hulle maar pasiënte bymekaar en daar is nie eers ‘n piepie bak nie en vroue piepie baie.
Ek was nugter en by my volle positiewe tydens die aanhoor.

Dit lyk vir my dat dit gaan oor ‘n goeduitgewerkte plan deur een vrou om saam met die ander te wees in die toevallige probleem situasie van te min plek, en sy het 'n moordadige  intensie.

Op die planke sal daar geen probleem wees met ‘n opvoering nie opdat al die menslike sintuie van die gehoor aangewend  kan word om mooi te volg wat aangaan.
Sien, hoor, aanvoel en sigbare redes vir raai en identifikasie.

By die Radio is dit ‘n geweldige probleem. Slegs die ore werk en die verbeelding en wanneer ek sê verbeelding, dan is daar dadelik ‘n futtup. Ek en jou verbeelding verskil.

Die uiters bekwame, bekende en beproefde aktrises is uitstekend en hulle kan dit nie verhelp dat daar, met die uitsondering van een, weinig verskil in stemtoon is nie.
Die verkeerde stemme vir die Radio is dus gekies. Ek wis later - veral in die hoogtepunt deel, tussen al die geskree en gejou – dat ek nie meer uitmaak wie is nou wie nie.

My groot probleem:
In so ‘n gestig, is dit erger as in die gevangenis. In die saal is niks. Slegs ‘n lig buite bereik en verder niks.
Hier, in hierdie drama het een vrou ‘n mes – ‘n slagmes. Ek gaan aanneem sy het dit baie veilig versteek met die inkom slag want daai pajamas het mos nie sakke nie en hulle word tog seer sekerlik deeglik deurvoel.
Dan is daar die noodklokkie se elektriese koord wat nou ewe skielik deur een van die mallies afgeruk en versteek word vir ‘n duidelik suggestiewe gemene rede.
Dan is daar ‘n belt of band of gordel waarmee hulle een vrou op haar bed kon vasbind
Dan is daar die kombers wat in stringe kon uitgerafel word. This is shit!
Ek kan ‘n verslete kombers skeur maar sy weefwol of wat is nie bruikbare tou nie.
Dan het die kamer ook gordyne. Wat skeur makliker in repe as juis gordyn materiaal?
Dan gee die dokter vir die een vrou ‘n slaap inspuiting ( wyl almal natuurlik vasdruk) en so wragtig minute later kon hulle haar wakkermaak. Is ‘n psigiatriese hospitaal se doofmiddels net water?
Is ‘n persoon met daai siekte immuun teen doofmiddels.

Die groter rede vir die destydse verbanning is die Godslasterlike. Dit is erg. Dit is selfs vir my as skrywer heel oor erg! Ek praat egter nie daaroor nie want mense wat versteurd raak met Godsdiens as gereedskap is baie erg.

My negatiewe spruit uit al die gereedskap en toebehore vir moord wat die vroue tot hulle beskikking gehad het in die Radio drama.
Dit is amateuragtige lae graadse skryfwerk.

‘n Versteurde, veral ‘n moordenaar se vingernaels en toon naels moet kort wees. So ‘n persoon het nie ‘n mes nodig nie maar kan jou hart uitsny met die vinger alleen.

Die laaste vyftien minute het ek maar die knoppie gedruk. So ‘n kakofoniese, onidentifiseerbaar konkoksie verdien om afgesit te word.

Ek herhaal:
My oordeel is slegs gebaseer op hierdie spesifieke uitgesaaide stuk.

Uiters goed begin behalwe vir dieselfde soort klinkende stemme. Later hoe kwater ontaard dit na ‘n globale nil en kry die stuk dus by my ook net nil.

Willie F van Tonder
2014/05/30




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Uitsaaiwet
Vrouestemme
Dis (ongelukkigerwyse?) 'n ou, ou wet van die radiowese, dat mansstemme en vrouestemme mekaar (sover moontlik!) moet aflos.

Twee mansstemme namekaar gaan nog, ook met meer mans.

Maar vrouestemme IS nou maar so dat hulle VIR DIE RADIO te naby aan mekaar is... En as dit drie is, of vier, of vyf?

Ja, dan MOET sulke resensies kom, veral as deurmekaarpraat of geskree word.

Ongeloofwaardigheid
Ses engelse skrywers het die opdrag gekry om, een na die ander, 'n kappitel in 'n vervolgstorie vir 'n tydskrif te skryf: Die eerste twee sou die problematiek en die omstandighede asook die karakters daarstel, daarna sou die leidrade vervolg word, en in die laaste kappitel sou die oplossing (van die moord of wat-ook-al) gegee word.
Skrywer nommer drie of vier het GEWEET dat 'n vorige skrywer iets gesê het wat eenvoudig nie reg is nie. Ek meen dit het iets te doen gehad met die verhouding van ,waterlyke', hoe hulle sink of dryf, waarheen hulle beweeg word deur die rivier se vloeikrag en die getye in die riviermonding.

Nou het hy sy rivierkadawer en dit dryf in die (vir hom) verkeerde rigting, en hy het net so-en-so-veel woorde, eenmaal om te korrigeer, tweedens om die storie vooraan te dryf, en derdens om sy eie wending in die verhaal te gee. Korrigeer of laatstaan?

Ek bring hierdie om te sê dat ons almal 'n eie denkwyse het. En o"nskynlik verskil die denkwyse van Snolfie en PG.

OF, tweedens, dat die latere redakteurs, lektore, regisseure ensovoort hulle eie denkwyse ingepers het. Dit gebeur dikwels met dooie helde wat hulle eie werk nie kan verdedig nie.

Graag sou ek die oorspronklike werk wil lees, sien, hoor.

GvT

5 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 2 ure oud


Drama
Kiekies
(en ook jy en jy en jy.
'n Een uur drama behels 55000 woorde

Ek knoop myself met 'n 50 woord kommentaar.
Hoe gaan ek hierdie benewelde brein inspan om rassioneel dit te vermag.

'n Pragtige vrou - berug vir haar opregte kritiek en vermaning, Elise Breytenbach ( Ek dink ek weet hoekom sy effe is stil is deesdae ) sal my GESEL!!

Haar skerp oge sien elke komma en punt raak

Ek grap sommer.

Kiekies
Die woorde is daar, die tema is daar, maar hierdie ou masjien het sy gat gesien.

Thanks.
5 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


Drama
Nou wil ek jou weer por: skryf en vervaardig sommer ook, 'n radiodrama! Jy weet waarna om op te let en luister. Toe nou man, wavoor wag jy?
5 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


Legio
Ek ken ook nie die stuk nie, die naam wel ... maar dit klink maar vir my érg. Ook g'n wônner dis so verban nie??
5 jaar 4 maande 3 weke 1 dag oud



Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar