Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oulike gesinsvermaak. Was regtig 'n ontspannende fliek. My kinders het dit verskriklik geniet.

Handel oor die nagwag (Ben Stiller) wat intussen 'n suksesvolle besigheid begin het. Tog vind hy nie die vreugde in sy besigheid soos wat hy dit gevind het in die tyd toe hy in die museum gewerk het nie.

Intussen word die museum "opgegradeer" en van die items daarin gaan in die groot nasionale museum gestoor word.

Dis natuurlik waar die chaos uitbreek en waar Ben Stiller homself weer vind.

Was definitief die kyk die moeite werd. Ek sal dit 'n 7 uit 10 gee.
(Omdat my kinders mooi stilgesit het...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar