Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat ek in hierdie resensie wil sê, moet ek ongelukkig as gevolg van spasie binne ‘n neutedop indruk.
Ek het besluit om, in teenstelling met my normale manier van skryf – plaas die ‘kieks’ aan die einde van die skryfstuk – om die ‘kieks’ sommer hier aan die begin uit te blaker.

Indien ek alle ‘Kuns stukke’ geplaas onder ‘Musiek en Lerieke ‘ op Woes in ‘n ry op die verhoog plaas, dan roep ek Vic Viviers se werk “Oud word lied” na vore as . . .
Die enigste ware Kunswerk!

Jy moet mooi lees wat ek skryf!

Ek handhaaf in my eie plasings die beginsel:
“Moet niks van waarde op die Internet plaas nie!”
Want, overgesegd synde: Deur enigiets op die Internet te plaas, doen jy stilswyend en onbewustelik afstand van jou eiendomsreg!
Eenvoudig omdat jy net nie die meganika, middele en steun het om jou eiendomsreg af te dwing nie!

Klaar. Ek gaan alreeds te ver, laat my toe om te verduidelik:

Kuns. Wat is kuns?
Daar bestaan geen definisie nie.
Moenie populariteit en kuns verwar nie!
Kuns word bepaal deur een enkele individu.
Hierdie persoon loop verby die werk, dit vang sy oog en spreek tot sy wese en hy ‘verkry’ die werk.
Ek noem dit verkry want normaalweg skenk die kunstenaar dit goedgunstiglik.
Hierdie nuwe eienaar is nie ‘n aap nie en hy doen moeite om meer van die kunstenaar se werke te kry en dan gaan steek hy dit weg!

Nou volg die normale ‘aapgedrag’ van die mens. Iemand anders kom agter dat die kunstenaar se werke word opgeneem en ’raak weg’ en diegene wat dit agterkom, neem ook van die werke op en vertel sy kring daarvan en die golwe kring uit maar . . .
Die arme Kunstenaar teer slegs op die adrenalin van:
“Hel, die mense laaik my goed!”

Die kunstenaar is ‘n verganklike wese en dit gebeur en ewe skielik is daar groot akkies!
“Waar is nog van sy werke?”

Let op waar het ek begin:
Ek het begin by die oog, oor, gevoel, sintuig, emosie, wat-ookal, van een enkele verbyganger.

Hierdie is die enigste pad wat ware kuns loop.

Die onmiddellike publisiteit en (soms gekoopte) Media opblaas van ‘n persoon ( Ek weier die naam ‘kunstenaar’ !) se werk, is . . . “Plestiek” en dra nooit broek nie.
Bewyse is sonder tal:

Ek het broek losgemaak oor verlede jaar se Litirêre ‘wenner’ van Poësie. Ek het op Woes broek los gemaak. Ek is heppie daaroor want niks het van hierdie kamtige prysenswaardigheid gekom nie !
Dieselfde met verhale skrywers
Dieselfde met enige vorm van kuns waarvan ek in my asketiese kluisenaarslewe te hore gekom het.
Ek sluit alle vorme van kuns in. Iemand was vinnig, baie vinnig en het die werk of die regte op die werk bekom en is nou in die pond sitplekke.

Vic se werk sal deur menigte ‘in die verbygaan’ opgemerk word. Ek nie.
Die werk praat nie net met my ore nie. Die tuinvoëls praat met my ore.
Die werk praat met my binnekant want ek sit in die gehoor en sien en luister na een massiewe toneel, verhaal, storie!

Vic,
Ons is verganklik.
Iewers daar buite het iemand geluister en is dit wat jy vrywilliglik en onbeskaamd gegee het, alreeds uit jou hande!

Ek is saam met jou bly en deel jou adrenalin.
Sorry, meer as dit sal jy nie kry nie.
Ek glo, jy verwag ook nie meer nie!

Willie F van Tonder
2012/11/24




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vic
Jy bevestig die hart van my hele resensie:
Die Kunstenaar sien self nie.
6 jaar 6 maande 3 dae 8 ure oud


Dalk te hoog vir my
Hei Willie, jy lig my darem nou hoog op!

Baie dankie daarvoor, maar ek het nou op my bek geval...
6 jaar 6 maande 3 dae 8 ure oud



Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar