Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Volgens legende is Davey Jones die kaptein van die legendariese Flying Dutchman en die "meester" van die dieptes van die see. Jack Sparrow (Johnny Depp) probeer om 'n bloedskuld aan hom af te betaal, anders staar hy 'n potensiële hiernamaals van slawerny en verdoemenis in die gesig. Intussen moet hy ook nog die troudag van Will Turner (Orlando Bloom) en Elizabeth Swann (Keira Knightly) onthou. Met hierdie rol het Johnny Depp homself oortref.  Hy is só oortuigend dat jy dink die vervaardigers het hom êrens in die verlede gaan haal. Die fliek is lank, maar jy sit vasgenael tot die einde. Heerlike vermaak wat eindig met die belofte van nommer drie…

 




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar