Titel: Predators
Weergawe: 1
Aantal woorde: 141
Kere gelees: 116
Datum gepubliseer: 05 Aug 2010
Hierdie kan beskou word as ‘n huldeblyk aan die eerste van hierdie reeks wat reeds in 1987 verskyn het. In hierdie een val die ongediertes enigiets aan wat kan terugveg en bring ‘n klomp spesiale magte soldate na hulle planeet om dit te doen. Dit speel weer in ‘n digte oerwoud af en hierdie keer is daar meer as een van die gewapende goggas. Die fliek is deur Robert Rodriques vervaardig en daarom vloei die bloed mildelik. Dit is gewelddadig, grafies en glad nie vir kinders geskik nie. Ook weer ‘n uiters goeie voorbeeld van swak rolverdeling. Die enigste persoon wat in sy rol pas, is Laurence Fishburne. Adrien Brody vertolk die hoofrol. Die man kan wel met sy neus hout kap, maar hy was nog nooit heldemateriaal nie. Aanhangers van die oorspronklike reeks sal hiervan hou, die res moet maar verbyhou.
Lees ander resensies deur Geraldine Paulsen
E-pos my as kommentaar gelewer word
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom resensie
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie resensie

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Gedigte
Woes-Nuus
Artikels
Rubrieke
Resensies

deur Christo Nel
'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.