Resensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nou net Pretville klaar gekyk. Nou besig om “Pretville agter die skerms” te kyk terwyl ek hier sit en tik. Dit lyk of alles moontlik gedoen is om ‘n goeie rolprent te skep. Dit is duidelik dat geen moeite ontsien was nie. Die probleem is egter dat die rolprent dit nie wys nie.
Pretville moes eintlik “Borringville” gewees het.
‘n Goeie rolprent vereis ‘n goeie draaiboek, ‘n goeie regiseur en goeie akteurs. Die grootste proleem is dat Pretville verkoop was as ‘n musiek en dans -rolprent vol “Magic”. Die “magic” ontbreek egter geheel en al in Pretville. Niks basies met die musiek verkeerd nie. Die sang en toneelspel is egter ‘n ander storie.
Die akteurs wat die ducktails speel oortuig net so min. Die aktrise wat veronderstel was om verlief te lyk, lyk nie verlief nie.
Die rolprent bevat ook te veel cliche’s. Die tonele wat in die rolprent, jy kan maar sê ingeforseer is om die lagspiere te prikkel faal hopeloos. Dit is dieselfde ou liedjie op dieselfde deuntjie, as ek dit so kan stel, wat elke keer as iets nuuts voorgehou word. Jy het dit al gesien. En behoede my tog, as ek Terence Bridgett weer in ‘n rolprent of op die kassie moet sien as ‘n man wat “other wise inclined” is gaan ek naar word. Dit lyk wragtig of dit al is wat die man kan speel.
Die regiseur het hopelik misluk om ‘n dorp vol pret te skep. Die storie is power. Die spel leiding swak soos duidelik sigbaar in die toneelspel. Dit lyk of Pretville saamgeflans is uit tonele wat dit toelaat om bekende sangers en akteurs te gebruik om mense op die sitplekke te kry.
Pretville is veronderstel om ‘n rolprent te wees. Dit was meer soos ‘n skoolkonsert op ‘n verhoog.
Hoe lank nog voor mense gaan moeg word vir sulke snert en Afrikaanse rolprente nie meer mense na teaters lok nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek het nog net die voorprente gesien, maar lyk vir my ook na 'n "boringville" fliek
6 jaar 11 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


Pretville/Boringville
Ek stem saam met die siening van die rolprent. Basies niks met die musiek verkeerd nie. Die musiek is goed uitgevoer maar dit is niks besonders nie. Die draaiboek, sang en toneelspel is egter 'n ander storie. Power verby... My vrou is steeds kwaad vir my omdat ek die DVD gehuur het. Sy het dit 'n vermorsing van goeie geld genoem. Emo Adams, Liz Meiring en Terence Bridgett is glad nie meer grappig nie. Emo kan net so veel gesigte trek. Liz Meiring kan net so ver onnosel speel en Terence Bridgett... Ek se liewer maar niks... Hy is nie 'n komidiant of akteur nie.
6 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud


Pretville
Ons stel dit nog sag. Een van die dames wat saam met my werk het dit op 'n ander manier beskryf. Sy gebruik nie graag sulke taal nie. Sy het ook gesê dat Pretville 'n nuwe laagte punt vir die Afrikaanse rolprent bedryf geskep het.
6 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


Pretville
Ek het baie uitgesien na die rolprent, maar ek was ook teleurgestel. Daar was so 'n ophef daarvan gemaak dat ek nie kon wag om dit te sien nie, maar soos jy sê, vervelig verby.
6 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 21 ure oud



Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar