Resensies

Titel: PRIMEVAL
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie fliek se loket is totaal misleidend. 'n Nuusspan word Suid-Afrika toe gestuur om die wêreld se bloeddorstigste moordenaar te kom soek. Hy het reeds meer as 300 slagoffers op sy kerfstok en is nog op vrye voet. Ha! Jy dink jy gaan 'n fliek sien oor 'n massamoordenaar, en dan gril jy jou vrek vir 'n monster krokodil. Die Amerikaners se eienaardige idees oor toordokters is weer duidelik te sien. Om die een of ander rede dink hulle ons toordokters en dié van die Santeria-geloof stem ooreen. Die hoofrolle word vertolk deur Orlando Jones, Jurgen Prochnow en Dominic Purcell van Prison Break-faam. Vir iemand sonder 'n nek is Dominic glad nie onbruikbaar nie. Hierdie is nie 'n sleg riller nie. Hier en daar is 'n paar vreeslike bangmaak-clichés, maar ouens wat van monster/rillerflieks hou, sal dit geniet.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar