Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Voor in my boek staan geskryf in die skrywer se handskrif:
Lees maar lekker! (Hopelik)

Toe ek daardie woorde lees, die eerste keer dat ek die boek oopmaak, dink ek:
Hy is nie seker of ek dit sal geniet nie en hy twyfel of ander mense sal dink dit is ’n goeie boek.

Later begin ek lees. Binne die eerste twee of drie bladsye is ek vasgeweef in die gebeure, geskiedenis en lewens van die inwoners, gaste en eienaars van die PINE CREEK MOTEL. Adriaan het dit vermag om hierdie verhaal te deurspek met geheimsinnigheid, liefde, hartseer, menslikheid en selfs pogings van kriminaliteit.

Hy doen dit uitstekend met sy puik taalgebruik en gladde verloop van die storie. Nie te vinnig nie, maar ook beslis nie traag nie. Hy besit ook die vermoë om die omgewing en milieu in fyn detail te bespreek, terwyl die verhaal voortgaan. Perfekte dialoog word gebruik, sodat dit voel asof ek die sprekers afluister. Vêrder lewer hy ’n yslike kinkel met die verrassende slot. Daarom bevat hierdie boek dus al die elemente van puik leesgenot.

Adriaan (oftewel Vaalseun) vir jou wil ek sê: Die Geheim van Pine Creek is ongetwyfeld gevul met al die bestanddele van besonder goeie Afrikaanse skryfwerk. Dis my nederige opinie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pine Creek
Opregte waardering Kiekies. Baie dankie.
4 jaar 6 maande 1 week 4 ure oud


pine creek
Dankie lynette en geluk vaalseun
4 jaar 6 maande 1 week 10 ure oud


Pine Creek
Baie geluk, Adriaan!!!
Ek dink ons moet sommer wegspring hier en jou in Maart se Nuusbrief onder Skrywersfokus beter leer ken.
Baie dankie, Kiekies vir 'n puik resensie.
4 jaar 6 maande 1 week 14 ure oud



KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar