Resensies

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Is daar ñ digter wat nog nie oor vuur gedig het nie ?
Vuur is een van die dinge wat oor die eeue heen die mens gefassineer en aangetrek het .
Vuur is gesellig . Vuur kook . Vuur maak gaar . Vuur is romanties . Vuur beskerm ...vuur beveilig ( hoe ironies.....) . Vuur verwoes . Vuur trek aan .

‘ die vuur hang oor die water
dit slaan die koper uit die klip ’

Vele kan oor vuur gesê word .. soveel so dat daar ñ oneindigheid aan vuur is . Maar aan die anderkant is vuur al oneindig bedig . Vir enige digter is dit dus moelik om buite die kring van vuur te staan ... en met ander oë daarna te kyk . Want weg van die vlamme waarop oë vasnael is daar ñ hele heelal aan vuur verbind .
Vuur is dus ñ een van die vele digters-slagate waarin meeste digters in onoorspronklikheid verbrand .
Carma slaag die eerste toets deur behendig en kreatief deur die kole te loop , soos die uittreksel uit haar eerste vers hierbo bewys ...
Sy gee ñ persoonlikheid aan die vuur . Laat dit lewe . As leser word jy gehipnotiseer
deur ... die vuur . Die vuur trek jou in . Pens en pootjies in die bundel in .

Vers twee stook die vonk .
Hou jou as leser se aandag . Boei jou .


‘ was ek daar
toe U die sterre deur die heelal string
toe U die maan poleer tot edeltin ’

Vers drie ‘ Toemaar , my meisiekind ’ is daai vers wat elke ouer vir sy/haar meisiekind wil skryf , en hoop dat die realiteit en die wense en die hoop jou kind heel deur haar lewensreis sal dra .

‘ die prinse is maar min my kind
die geheimenis moet ek deel
maar eendag kom 'n musikant
wat jou hart se snare
sag sal streel ’

Dan vat sy ons van meisiekind na mamma na skedelkus sonder dat jy as leser jou oog vir een oomblik van ñ strofe of bladsy kan wegskeur . So reis jy verder . Tot in Durbanville ...

‘ ja, die maan het in die lug gehang
oor 'n teerpad so verlate stil
en 'n dikkop was veward en bang
om middernag, in Durbanville ’

Jou aandag word gehou soos die van ñ kind in ñ pretpark . Opwinding . Afwagting .
Elke vers is jou volgende rit .
Blaai om . Verdwaal . Blaai om . Herhaal .

‘ en hoog oor veld en varingkoppe
vlug (verweg) 'n enkel pelikaan

weinig meer as net 'n spikkel
in hierdie herfsdag se bestaan ’

Wat meer wil jy as leser hê as om ingetrek te word . As om deel te raak van wat voor jou afspreel . As om verlore te raak tussen woorde , strofes , prentjies , beelde , verse , bladsye .
As om te voel . Te verstaan . As om mee te identifiseer ?

Carma het ñ natuurlike aanleg vir die digkuns .
En in elke vers druk sy haar eie unieke stempel af .

Sy’s ñ natural .

Die scary ding is , ek is steeds net by die begin van die bundel .
En ek het al reeds te veel gesê vir ñ kort resensie wat in die bundel opgeneem moet word ...
... Maar ek het jammerlik steeds te min gesê .

Jy sal maar self die judge en resensent moet wees . Maar wat ek weet , is dat jy die bundel nie sal neersit nie . En dat jy nie halfpad deur enige vers sal besluit om dit eerder te skip nie .
Ek weet ook dat jy die bundel weer gaan lees ... Dis een bundel wat nie stof gaan opgaar nie .
Dis een bundel wat jy voel jy net eenvoudig moet deel .

Koop die bundel .
Vir jouself eerstens.
Vir jou geliefde .
Jou familie .
Jou vriende .

Hierdie is eenvoudig ñ bundel wat elke huis moet hê .

En watter beter geskenk is daar as die beauty van woorde .
Bedig deur iemand wat maar mag , wat maar kán ?

Ek sien reeds uit na ñ opvolg...

Rudi Coetzer
Addict & Amateur Digter

nOta : Kontak Viooltjie vir bestellingsbesonderhede .
Capish !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

BAIE DANKIE
My opregte dank vir al die moeite wat jy gedoen het om hierdie resensie te skryf, Rudi. 'You're simply the best'
4 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 22 ure oud


Resensie . . .
Dis 'n wonderlike resensie Rudi . . . net soos jy maar kan. Diep gekyk en diep gesê. Dit vat een met talent om 'n ander met talent te kan raaksien en waardeer.

"Sy is 'n natural" . . . voorwaar. (En jy ook.)
4 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 11 ure oud


Resensie
Wat kan mens nog byse op hierdie pragtige resensie van so n talentvolle mens soos Carma behalwe Amen op jou woorde! Ek glo hierdie bundel gaan goud haal!
4 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 16 ure oud


.
Dit is sò gepas dat jy die resensie skryf.

Dis perfek.
4 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 17 ure oud



AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar